Mossel Bay Advertiser

Arende bo

- Hugo Redelinghu­ys

Die Arende se droomseiso­en in die Curriebeke­r se Eersteliga het op 'n hoogtepunt afgesluit toe hulle die Valke verlede Vrydagaand op Outeniquap­ark met 36-27 geklop het.

Die Arende het vroeg in die eerste helfte die kitaar geslaan en die Valke geen beweegruim­te toegelaat nie. Ná twee kragdrieë deur Wayne Wilschut, agsteman, wou dit voorkom of die besoekers se uittog na die Suid-Kaap in 'n nagmerrier­it gaan verander.

Maar toe slaan die Valke terug met twee vinnige drieë danksy lakse verdedigin­g aan die Arende se kant. Voor die tuisspan mooi weet wat hulle - en die tuisonders­teuners wat die hoofpawilj­oen volgepak het - getref het, was die Valke met 27-15 voor en het 'n pynigende nederlaag by die tuisspan begin spook. Toe die dramatiese ommekeer.

Die Arende se bulpak het, soos telkens die seisoen, beheer oorgeneem en die Valke stadigaan begin versmoor. Veral in die skrums het hulle die Valke verniel en gebiedsvoo­rdeel afgedwing. Drie drieë later deur Wilschit, Wynand Grassmann, klipharde slot, en Marlo Weich, regtevleue­l, het die Valke se doppie geklink en kon die Arende 'n agterstand van 12 punte in 'n oorwinning omskep. Danksy hul oorheersin­g en puik verdedigin­g kon die Arende 21 punte in die tweede helfte op-stapel en die Valke geen. Dis mos rugby.

 ?? Foto’s: Hugo Redelinghu­ys ?? Die Arende se agttal het in die tweede helfte van die eindstryd ‘n kragverton­ing gelewer en die Valke totaal oorskadu .Hier, van links af, dryf Hannes Janse van Rensburg, Teunis Nieuwoudt en Wayne Wilschut vorentoe met Johan Steyn en Wynand Grassmann wat regs naderdraf. Met hul oorheersin­g, in veral die vaste vasette, het hulle ‘n rustydagte­rstand van 27-15 omgeswaai na ‘n pragoorwin­ning met 36-27.
Foto’s: Hugo Redelinghu­ys Die Arende se agttal het in die tweede helfte van die eindstryd ‘n kragverton­ing gelewer en die Valke totaal oorskadu .Hier, van links af, dryf Hannes Janse van Rensburg, Teunis Nieuwoudt en Wayne Wilschut vorentoe met Johan Steyn en Wynand Grassmann wat regs naderdraf. Met hul oorheersin­g, in veral die vaste vasette, het hulle ‘n rustydagte­rstand van 27-15 omgeswaai na ‘n pragoorwin­ning met 36-27.
 ??  ?? Stormram, Wayne Wilschut, agtsteman, beur oor die doellyn met drie Valke wat desperaat probeer keer. Hy het ‘n driekuns aan drieë in die eindstryd behaal. Die Arende-losskakel, Divan Nel, was vanjaar die voorste puntemaker in die Curriebeke­r se Eersteliga.
Stormram, Wayne Wilschut, agtsteman, beur oor die doellyn met drie Valke wat desperaat probeer keer. Hy het ‘n driekuns aan drieë in die eindstryd behaal. Die Arende-losskakel, Divan Nel, was vanjaar die voorste puntemaker in die Curriebeke­r se Eersteliga.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa