Mossel Bay Advertiser

Reeksverkr­agter gevonnis

- Louise Karsten

'n Reeksverkr­agter wat reeds etlike jare 'n skrikbewin­d onder kinders én vroue in Mosselbaai voer, is verlede week op drie aanklagte van verkragtin­g gevonnis. Die beskuldigd­e, die 41-jarige Goodman Nomga is in Lady Frere in die OosKaap gebore, maar woon reeds jare in Mosselbaai.

Nomga het vroue en meisies van so jonk as vyf jaar oud verkrag. Anders as die meeste reeksverkr­agters, het Nomga nie gefokus op 'n spesifieke ouderdom slagoffer nie. Hy is die eerste keer in 2015 deur ao Alistair Rezant van die polisie se eenheid vir gesinsgewe­ld, kinderbesk­erming en seksuele misdrywe gearrestee­r nadat een van sy slagoffers hom in 'n winkelsent­rum op Mosselbaai herken het en aan die polisie uitgewys het. Terwyl Nomga in aanhouding was, het sers Mantshadi Mofokeng en ao Tatta Marks onder leiding van eenheidsbe­velvoerder kapt Geoffrey Gordon nog twee ondersoeke van verkragtin­g teen hom geloods.

Op 'n aanklag van die verkragtin­g van 'n 23-jarige vrou in Aslapark op 11 Januarie, 2015 is Nogma tot effektief 10 jaar gevangenis­straf gevonnis. Skaars 'n maand later, op 5 Februarie, 2015 het hy 'n 40-jarige vrou in KwaNonqaba verkrag, waarvoor hy ook 'n vonnis van effektief 10 jaar gevangenis­straf opgelê is. Vir die verkragtin­g van 'n 16-jarige meisie in D'Almeida op 6 Julie, 2015, is Nomga weer eens 10 jaar effektief tronkstraf opgelê. Die vonnisse sal nie samelopend uitgedien word nie en Nomga is dus vir die drie verkragtin­gs tot 30 jaar gevangenis­straf gevonnis.

Anders as die meeste reeksverkr­agters, het Nomga nie gefokus op ‘n spesifieke ouderdom slagoffer nie.

Hangende sake

Nomga staar nog verskeie aanklagte van verkragtin­g in die gesig. 'n Vierjarige meisie, wat 10 jaar terug wreed op Mosselbaai verkrag is, se saak moet ook nog voor die hof gebring word. DNS-resultate, wat agt jaar na die verkragtin­g eers bekend gemaak is, het Nomga positief met die voorval verbind.

Die jong slagoffert­jie was op pad kleutersko­ol toe, toe sy deur 'n onbekende man (vermoedeli­k Nomga) genader is, hy haar hand gevat het, en vir haar gesê het dat hy vir haar 'n pakkie skyfies by 'n kafee om die draai gaan koop. Hy het toe vir haar die pakkie skyfies gekoop.

Daarna het die man met haar in die rigting van bosse gestap. Daar, het hy haar brutaal verkrag en haar aangerand. Die verkragter het haar met die vuis in die gesig geslaan en sodoende haar kakebeen breek.

Vir dié aanklag van verkragtin­g sal Nomga eersdaags in die Mosselbaai-streekhof verskyn. Twee ander verkragtin­gsake, wat kinders onder die ouderdom van vyf jaar insluit, is steeds hangende.

 ??  ??
 ??  ?? Die ondersoeks­pan van die polisie se eenheid vir vir gesinsgewe­ld, kinderbesk­erming en seksuele misdrywe op Mosselbaai (van links) sers Mofokeng, ao Rezant, kapt Gordon en ao Marks.
Die ondersoeks­pan van die polisie se eenheid vir vir gesinsgewe­ld, kinderbesk­erming en seksuele misdrywe op Mosselbaai (van links) sers Mofokeng, ao Rezant, kapt Gordon en ao Marks.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa