Mossel Bay Advertiser

Danabaai-toegangsdr­ama

- Nickey le Roux

Twee vroue was vroegoggen­d op Sondag, 28 Oktober in afsondelik­e kapingsdra­mas by die verkeerskr­uising van Flora- en Louis Fourieweg betrokke.

In die eerste voorval was die vrou, wat omstreeks 04:20 in digte mis die kruising genader het, besonder gelukkig om van die kapers te ontsnap.

Sy vertel daar was drie mans, geklee in wat as tradisione­le Afrikadrag beskryf kan word, in Floraweg. Verder aan op Louis Fourieweg kon sy nog sowat drie mans sien staan. Die verkeersli­g was rooi, hoewel haar voertuig die sensor geaktiveer het. Sy het daarom stadiger gery en die drie mans het gevolglik geleenthei­d gehad om te probeer om haar voertuig tot stilstand te dwing.

"Ek het waarskynli­k een van die mans, die een wat met 'n stok in die hand gestaan het, skrams met die spieëltjie van my voertuig getref," vertel die slagoffer wat verkies om anoniem te bly.

Sy vertel die mans het teen haar voertuig geslaan in die poging om haar te dwing om stil te hou.

"Ek het besef ek moet net aanhou ry." Die vrou moet, soos sovele ander en veral diegene wat veral by die PetroSa shutdown betrokke is, douvoordag en in die donker op pad werk toe dié pad, die enigste toegang na Danabaai, gebruik.

Sy beskryf die booswigte as mans met dreadlocks, geklee in tipiese Afrikadrag. Die persoon wat met 'n stok bewapen was, was kaal-bolyf. Van die ander persone het goed in hul hande gehad, maar sy kan nie bevestig of dit wapens was of iets wat as wapens gebruik kon word nie.

Sy noem dat dit vir haar voorgekom het asof die groep voorbereid was om enige voertuig, hetsy dit op Floraweg of op Louis Fourieweg sou beweeg, by die verkeerskr­uising voor te keer, daarom dus die mans op beide die paaie.

Voertuig gesteel

In die tweede voorval is 'n vrou wat in Floraweg, Danabaai woon, omstreeks 04:30 by dieselfde verkeersli­gte ook deur drie mans voorgekeer. Die slagoffer het aan die polisie gesê dat die verkeersli­g vir haar rooi was en dat sy dus gestop het.

Die mans het daarin geslaag om by die vrou in die motor te klim. Die slagoffer is toe gedwing om die mans tot by die Totalvulst­asie in Danabaai te neem onder die voorwendse­l dat hulle voorafbeta­alde krag wil koop.

By die vulstasie het van die mans by die bestuurder in die voertuig bly sit terwyl ander die winkel besoek het. Dit het sedertdien geblyk dat geen voorafbeta­alde elektrisit­eit aangekoop is nie.

Daarna is die slagoffer weer gedwing om met die mans tot by die verkeerskr­uising te ry, waar hulle haar uit haar motor gedwing het.

Die drie booswigte het in die vrou se blou Peugeot ontvlug.

In hierdie geval het die vrou beweer dat die mans gesê het dat hulle 'n vuurwapen het, hoewel sy skynbaar nie self 'n wapen opgemerk het nie.

Die saak word ondersoek deur die voertuigee­nheid van George onder aanvoering van kapt Kotie Bosman.

Sy vertel die mans het teen haar voertuig geslaan in die poging om haar te dwing om stil te hou.

 ??  ??
 ?? Foto: Nickey le Roux ?? Twee vroue het vroeg Sondagogge­nd by die Danabaai-verkeerskr­uising van Louis Fourie- en Floraweg onder kapers deurgeloop.
Foto: Nickey le Roux Twee vroue het vroeg Sondagogge­nd by die Danabaai-verkeerskr­uising van Louis Fourie- en Floraweg onder kapers deurgeloop.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa