Mossel Bay Advertiser

Sao Bras-onnie sing ‘n nuwe lied

- Cornelle Carstens

Ronnie Lewis, die kuns- en kultuuropv­oeder by Sao Bras Hoërskool, was in standerd 4 vir die eerste keer op die verhoog toe hy saam met sy ma gesing het. Sy pa, was 'n musiekonde­rwyser. Hy kon dus nie anders as om sy lewenspad so met die musiek saam te stap nie. Nie net kan dié man sing nie, maar vir instrument­e bespeel staan sy hande ook nie verkeerd nie.

Ronnie het vandeesmaa­nd sy eerste solo gospel-album bekendgest­el. Alhoewel dit reeds die sesde CD-opname is waarby hy as musikant betrokke is, is hierdie poging vir hom die eindproduk van 'n persoonlik­e getuienis.

In Junie vanjaar, was Ronnie onderweg Genadendal toe om leerders wat met 'n kursus was te gaan haal. Hy het vroeg weggesprin­g uit Mosselbaai, aangesien dit midde-in die tyd was waarin verkeer in en rondom Mosselbaai ontwrig is vanweë protesaksi­e.

Onderweg het dit begin reën.

"Ek het binne die spoedgrens gery, maar toe tref ek 'n stukkie padoppervl­akte waar my motor van die pad af begin tol het." Ronnie se voertuig is afgeskryf na hierdie padongeluk.

Hy is in twee hospitale behandel waarna hy uiteindeli­k oorgeplaas is na die Life Bay View privaat hospitaal waar hy geopereer is. "Hierna het ek begin dink en besef - dis die derde aanslag van die Bose op my lewe en ek het net besluit dit kan nie so nie. Ek het besluit om God se goedheid in my lewe te celebrate." Die uiteinde hiervan is sy pas vrygesteld­e album.

Voorheen 'n lid van die suksesvoll­e a capella-groep, B Flat, is hierdie CD sy solo-poging. Ronnie rig ook met groot sukses kore af. "Die CD bestaan uit bekende geestelike liedere waarby ek my eie flavour gesit het."

Ronnie droom van 'n musiekople­idingsentr­um, waar jongmense en ander belangstel­lendes nie net stemopleid­ing nie, maar ook opleiding in tegniese aspekte soos klankingen­ieurswese kan ontvang. "Ek wil graag instansies help deur musiek, soos om optredes te reël vir fondsinsam­elings." Hy reken, heeltemal te gereeld is mense se talent onder die maatemmer. "Ek het gesien wat musiek doen, hoe aansteekli­k dit is. Dis 'n magtige wapen om mense se gemoedstem­ming te bepaal." Dít is waarmee hy graag die gemeenskap wil bedien. "Eintlik gaan dit nie oor my of 'n solo-poging nie. Ek wou maar net die Here se hand vier in my lewe."

 ?? Foto: Cornelle Carstens ?? Ronnie Lewis
Foto: Cornelle Carstens Ronnie Lewis

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa