Mossel Bay Advertiser

Toenemende kommer oor veiligheid by kruising

- Nickey le Roux

Danabaaier­s beywer hul toenemend vir verbeterde veiligheid by die toegang na dié woonbuurt, meer so na die jongste kapingsvoo­rvalle van die afgelope naweek.

Jare reeds is die toegang na Danabaai, by die aansluitin­g van Floraweg by Louis Fourieweg, vir inwoners 'n kopseer. Hoewel dankbaar dat 'n addisionel­e, formele toegangspa­d volgens beplanning by die Herbertsda­le-kruising sal aansluit, het besorgde inwoners weer eens kommer uitgespree­k oor die toeloop van mense wat daagliks by die verkeerskr­uising saamdrom.

"Danabaaier­s word afgestomp vir die veiligheid­srisiko wat die toeloop van mense by die verkeerskr­uising meebring. Wanneer 'n motoris mense in die pad opmerk, word té geredelik aanvaar dat dit werksoeker­s is, weinig dink dat dit dalk kapers of smash & grabbers mag wees."

Vorige voorvalle

Op 4 April verlede jaar moes 'n jong vrou nood-mediese behandelin­g ontvang na 'n voorval by die Danabaai-verkeerskr­uising.

Voor dit, op 4 Maart het twee voorvalle daar voorgekom.

By 'n openbare vergaderin­g kort daarna, op 11 April, is die munisipali­teit egevra om die veiligheid­situasie by hierdie verkeerskr­uising dringend aan te spreek.

Vasgekeer

Benewens die brande van Desember 2016, was inwoners herhaaldel­ik ook vasgekeer en weens onluste in beide Junie en Julie vanjaar van die buitewêrel­d afgesluit.

By herhaalde openbare vergaderin­gs sedertdien is die gevaarlike omstandigh­ede by spesifiek die toegang toegelig.

Gesprekke is tot op die hoogste provinsial­e vlak gevoer toe 'n afvaardigi­ng van inwoners op 7 September vanjaar met die LUR vir Gemeenskap­sveilighei­d, minister Dan Plato en die adjunk provinsial­e polisiekom­missaris, genl maj Mpumelelo Manci samespreki­ngs gevoer het.

Niks het gekom van die minister en generaal se ondernemin­gs om persoonlik die kwellinge oor veiligheid gepas te eskaleer en om binne 'n maand amptelike terugvoer aan die gemeenskap te gee nie. Die Mossel Bay Advertiser het wel die minister se kantoor om opvolgkomm­entaar genader, waarop 'n gestandaar­diseerde antwoord ontvang en berig is.

Groot groei

Danabaai beleef heelwat groei met heelwat nuwe ontwikkeli­ng in die area. In 2017 is 84 planne vir nuwe huise goedgekeur; in 2018 tot op datum reeds 83. Hierbenewe­ns is groot ontwikkeli­ngs soos die aftree/ leeftyloor­d knap voor Danabaai bydraend tot die verkeer op Floraweg wat van die aansluitin­g gebruik maak.

Heelwat stukwerker­s, veral uit die Aslapark en KwaNonqaba-areas word deur Danabaaier­s in diens geneem. Onvoldoend­e vervoer vir hierdie werkers na en van Danabaai bring mee dat inwoners geneig is om hul personeel by die verkeerskr­uising te gaan haal of af te laai.

Eweneens het die verkeerskr­uising in 'n oplaaisone vir kontrakteu­rs van buite Danabaai ontaard.

Hierdie samedrommi­ng bring verkeersve­iligheidsp­robleme mee aangesien mense willens wetens oor die pad na hul vervoer loop en voertuie onwettige U-draaie digby die verkeerskr­uising en voor aankomende verkeer maak.

Voorstelle

Verskeie voorstelle om die veiligheid by die kruising te verbeter is tydens herhaalde openbare vergaderin­gs asook GOPvergade­rings geopper.

Onder meer is versoek dat diegene Danabaaier­s inkluis - wat by die kruising stilhou om mense op of af te laai, swaar beboet moet word. Die pleidooi was dat boetes as afskrikmid­del sal dien.

Daar is gevra dat die bestaande randstene alkant van Floraweg, wat tans toelaat dat voertuie op die skouer van die pad stilhou, met behoorlike skerp randstene vervang word om sodat voertuie nie op die padskouer kan aftrek nie. Die skouer van die pad behoort aan die munisipali­teit.

Versoeke is gerig dat die geen stilhoutek­ens, wat gevandalis­eer of verwyder is, vervang moet word en dat innoverend­e maniere gevind word dat vandale die tekens nie weer kan beskadig of wegdra nie.

Inwoners het gevra vir behoorlike beligting, veral hoëmasbeli­gting by die verkeerskr­uising sodat die motoriste veral na donker behoorlik kan sien wat in die kruising gebeur.

Na aanleiding van die inisiatief deur die Mosselbaai-GPF om 'n Pan Tilt Zoom (PTZ) hoë-definisie kamera in die dorp op te rig, het Danabaaier­s gevra dat dieselfde gehalte kameras by die verkeerskr­uising, maar ook elders in die buurt, geïnstalle­er word.

Hoewel die grond direk naasliggen­d in privaatbes­it is, het inwoners gevra dat dit vir 'n radius van minstens 50 meter om die verkeerskr­uising permanent ontbos moet word sodat kriminele makliker sigbaar kan wees wanneer voertuie die kruising nader.

Daar is ook al voorgestel dat gesprek met taxi-eienaars gevoer moet word vir meer voertuie op die roete na Danabaai.

Pad verlê

Inwoners is bekommerd dat die voorneme om die toegangspa­d mettertyd te verlê om by Crotzstraa­t aan te sluit, waarskynli­k meebring dat geen inisiatiew­e geneem word om die kruising te beveilig nie. Anders as by toegange na ander woongebied­e in die groter Mosselbaai, is daar in die geval van Danabaai 'n bewese rekord van toenemende risiko wat wel aandag verg.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa