Mossel Bay Advertiser

Danabaai vrou (67) aangerand, beroof

- Nickey le Roux

Enkele ure na 'n Danabaai-inwoner (67) op Vrydagogge­nd, 26 Oktober om omstreeks 06:30 deur twee onbekende mans oorval, aangerand en beroof is, is die verdagtes deur die KwaNonqaba-polisie gearrestee­r en feitlik al die slagoffer se gesteelde besittings is teruggevin­d.

Die vrou, wat alleen woon, was in haar huis toe die mans haar van agter oorval het.

Die slagoffer, 'n vrou wat nie geïdentifi­seer wil word nie, het aan die Mossel Bay Advertiser vertel dat sy vroegoggen­d beplan het om haar motor met die tuinslang af te spuit en 'n paar plante nat te lei. Sy was egter binne haar huis met haar selfoon besig toe 'n man wat sy as 'n korter persoon beskryf, haar onverwags hard van agter gestamp en oorrompel het. "Hy het my met 'n vuurwapen gedreig. 'Ek gaan jou doodmaak, ek gaan jou skiet,' het hy herhaal." Dié man het lappe om sy gesig gedraai om sy identiteit te beskerm.

Daarna het 'n langer persoon wat sy gesig met 'n klapmus bedek het, hom by die korter man aangesluit. Die langer man was met 'n groot slagtersme­s gewapen. Beide die mans het hoodies, bostukke met kappies, gedra en het rugsakke by hulle gehad. "Waar is jou geld, gee ons die geld," het hulle geëis.

Die slagoffer het vir 'n oomblik gedink sy kan haar aanvallers ontsnap, maar toe het die mans die deur toegemaak.

"Die mans het oorwegend Afrikaans gepraat. Hulle het my by die motorhuis ingeforsee­r en op my knieë gedwing. Hulle het 'n tou van 'n implement in die motorhuis afgehaal om my hande vas te bind en het 'n T-hemp om my gesig gedraai en vasgebind." Die veters van die slagoffer se skoene is ook vasgebind.

Die korter man was deurentyd by haar in die motorhuis en het haar selfs op 'n stadium in opdrag van die langer persoon gewurg. Die langer man het deur die huis na waardevoll­e items gesoek.

"Die verdagtes het ontvlug met onder meer juwele, 'n selfoon, skootreken­aar en kontant. Die slagoffer kon om omstreeks 07:00 daarin slaag om haarself te bevry en het by bure om hulp aangeklop. Die bure het die polisie ontbied," aldus die KwaNonqaba-polisie se woordvoerd­er, sers Kapp.

"Ek het een keer in die huis probeer skree, maar het gou besef ek moet liewer stilbly. Ná die aanvallers weg is het ek net geskree, amper dierlik geskree."

“Hy het my met ‘n vuurwapen gedreig. ‘Ek gaan jou doodmaak, ek gaan jou skiet,’ het hy herhaal.”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa