Mossel Bay Advertiser

Verdagtes vas

-

Sersant Kapp bedank die gemeenskap vir die waardevoll­e inligting wat daartoe gelei het dat die verdagtes binne sowat ses uur na die voorval gearrestee­r is.

"Die KwaNonqaba polisieled­e sers Vaas en reservisko­nstabel Donovan Duitsjan, bygestaan deur die bevelvoerd­er van die ondersoeke­enheid kapt Ashley Michaels en ondersoekb­eamptes ao Marius Swanepoel, sersante Kekaza en Ndala en ander lede van die polisie het die verdagtes in Aslapark opgespoor en gearrestee­r. Die polisie het die vrou se juwele, selfoon en skootreken­aar in besit van die verdagtes gevind, maar soek steeds na die vuurwapen wat in die voorval gebruik is," aldus sers Kapp.

Die tenger slagoffer woon etlike jare reeds in Danabaai hoewel sy onlangs binne die woonbuurt verhuis het. Sy vertel dat die polisie die verdagtes kon verbind met 'n persoon wat per toeval kort tevore tuinwerk by haar gedoen het, hoewel hy nie een van die persone was wat haar aangeval het nie.

Die twee verdagtes het haar met 'n voorwerp in die gesig geslaan en sy het gesigbeser­ings asook kneusbeser­ings aan haar ribbes opgedoen.

Sy is nie vir haar beserings gehospital­iseer nie, maar is op die toneel deur ambulanspe­rsoneel behandel. Sy het wel later doktersbeh­andeling ontvang.

Die KwaNonqaba-polisie, sers Ndala, ondersoek 'n saak van huisroof. Die beskuldigd­es op Dinsdag, 30 Oktober in die Mosselbaai-landdrosho­f voor landdros Cliffton Maseti verskyn.

Hulle bly in aanhouding tot komende Dinsdag wanneer hulle 'n formele borgtogaan­soek sal bring.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa