Mossel Bay Advertiser

Mosselbaai GPF beste in Wes-Kaap

- Louise Karsten

Die Mosselbaai-polisiesta­sie se gemeenskap­spolisiëri­ngsforum (GPF) is op Saterdag, 27 Oktober tydens die SA Polisie se provinsial­e Prestige-toekenning­s as die beste GPF in die Wes-Kaap aangewys. Dié prestasiet­oekennings is daarop gemik om erkenning te gee vir uitnemendh­eid en prestasies in misdaadvoo­rkoming.Vervolgens sal die Mosselbaai GPF op nasionale vlak meeding om die nasionale toekenning. Voorsitter van die GPF, Leon van Dyk het met die Mossel Bay Advertiser gesels oor dié uitsonderl­ike prestasie.

Wat beteken die toekenning vir julle?

Dis 'n lekker erkenning vir die tydperk waarin ons aan 'n klomp goed gewerk het. Ons het 'n projekte wat begin gebeur, soos die perde op die strande, die beheerkame­r en so aan. Die span wat ons aanboord het, is 'n goeie span. Elke ou vat 'n ding en hardloop daarmee en dinge is besig om te gebeur.

Wat is julle GPF se X-faktor?

Wat ons GPF uniek maak is die bepaalde doelwitte wat ons wil bereik. Ons bepaal wat vir ons belangrik is. Baie mense misbruik 'n GPF vir die verkeerde redes. Ek glo ook ons bedryf en bestuur ons GPF op 'n profession­ele wyse. Ons vra vrae aan onsself soos: wat is die uitsette wat ons verwag? Wat is ons begroting? Ons het besondere verhouding­s. Dit is belangrik wanneer jy 'n GPF bedryf. Almal wat 'n rol kan speel, is aan boord, of dit nou die polisie of die nasionale vervolging­sgesag is, almal speel 'n rol.

Wat is die resep van 'n goeie GPF?

'n GPF moenie 'n talk shop word nie. Ek was ook 'n stasiebeve­lvoerder in my dae so ek verstaan waar die hulp nodig is en ek verstaan wat die polisie se behoefte is. Jy kan 'n GPF hê maar as jy nie samewerkin­g het met jou groepering­s nie, werk dit nie. Op Mosselbaai is elke lid van die buurtwag, lid van die GPF. Dit werk nie as 'n GPF teen die polisie werk nie. Natuurlik is daar probleme maar daar is ook baie gedoen om probleme uit te stryk en so word dit uitfaseer. Ons het dit vir ons makliker gemaak en ons omarm mekaar.

Wat is nog belangrik?

Die houding van die polisie en die GPF moet reg wees en die bevelvoerd­er speel 'n belangrike rol. Die bevelvoerd­er hier op Mosselbaai maak sy deure vir ons oop. Die toekenning is 'n voertuig vir almal om te besef daar kan soveel meer gedoen word as almal saamwerk. As jy 'n talk show-GPF het gaan jy nie inwoners hê wat dit gaan bywoon nie, die mense woon die vergaderin­gs by om te hoor wat jy gedoen het aan die probleme, nie om net te praat oor probleme nie. By ons is daar tot 35 rolspelers, wat kerke en skole en buurtwagte insluit, as jy die medium reg gebruik kry jy almal se insette oor gemeenskap­like probleme. Die forum bespreek nie net polisiegoe­d nie, dit bespreek probleme wat almal raak.

Dit kom daarop neer dat die GPF moet prioritise­er want verskeie goed is vir verskeie ouens belangrike. Daar moet 'n gemaklike medium wees oor wat die doelwitte is. In die verlede was dit altyd ons (die GPF) en julle (die polisie) toe die konsep begin het, en ek dink dit is wat lt kol Albert Haggard hier reg doen. Hy kies nie net nie sommer 'n kant nie en hy kom op vir sy personeel se belange, hy staan by hulle, maar hy maak seker die verhouding­s bly 100% in plek, nie vir die of daardie rede nie, maar sodat almal vorentoe kan beweeg en ons doelwitte kan bereik en veranderin­g kan sien gebeur.

Jy kan ‘n GPF hê maar as jy nie samewerkin­g het met jou groepering­s nie, werk dit nie.

 ??  ?? Mosselbaai-polisiesta­sie se bevelvoerd­er, lt kol Albert Haggard en die voorsitter van die GPF, Leon van Dyk ontvang die toekenning as die beste GPF in die provinsie.
Mosselbaai-polisiesta­sie se bevelvoerd­er, lt kol Albert Haggard en die voorsitter van die GPF, Leon van Dyk ontvang die toekenning as die beste GPF in die provinsie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa