Be­jaar­des brei beer­tjies vir kin­der­slag­of­fers

Mossel Bay Advertiser - - Polisie | Police -

Be­jaar­des van ’n ou­e­te­huis in B­re­das­dorp en So­li­da­ri­teit Hel­pen­de Hand het fluks in­ge­spring om ’n ser­sant van die Mos­sel­baai­po­li­sie se po­ging te on­der­steun wat ver­troos­ting bring aan kin­ders wat slag­of­fers van mis­daad is.

Mar­li­se La­bu­schag­ne, tak­voor­sit­ter van So­li­da­ri­teit Hel­pen­de Hand in Mos­sel­baai, het on­langs ’n be­sen­ding hand­ge­brei­de beer­tjies van die ou­e­te­huis ont­vang wat vir die Ser­ge­ant Ca­re Be­ar-pro­jek ge­brei is.

“Die beer­tjies word ge­bruik om, on­der meer, ver­krag­te en mis­han­del­de kin­ders te troos. As hul­le ’n beer­tjie van die po­li­sie­be­amp­tes ont­vang, help dit ook om die kom­mu­ni­ka­sie­ka­na­le tus­sen die slag­of­fer en die po­li­sie oop te maak,” het La­bu­schag­ne ge­sê. La­bu­schag­ne ver­dui­de­lik sers Kay Ja­mes, ’n be­amp­te van die Mos­sel­baai­po­li­sie, het die Ser­ge­ant Ca­re Be­ar-pro­jek vroe­ër van­jaar van sta­pel ge­stuur en dit het reeds die he­le ge­meen­skap by­me­kaar­ge­bring met tal­le in­wo­ners wat beer­tjies vir dié lief­de­vol­le ge­baar ge­brei het.

“Hel­pen­de Hand het be­sluit om saam met sers Ja­mes han­de te vat en die i­ni­si­a­tief te on­der­steun. Ons hoop uit ons har­te uit dat hier­die beer­tjies ver­troos­ting sal bring aan kin­ders wat mis­han­del en ver­krag is,” het La­bu­schag­ne by­ge­voeg.

Sers Kay Ja­mes, stig­ter Ser­ge­ant Ca­re Be­ar-pro­jek, Kathy Lin­de­que, Hel­pen­de Hand Mos­sel­baai se on­der­voor­sit­ter, en Za­ne La­bu­schag­ne, Hel­pen­de Hand se S­ko­le­pro­jek­lei­er met van die beer­tjies.

An­dries Tie­ties word ge­soek deur die Da Ga­mas­kop-po­li­sie. E­ni­ge per­soon met in­lig­ting kan ao Ar­leen S­to­kes kon­tak (044 606 2200).

This man is wan­ted at the Mos­sel Bay Po­li­ce S­ta­ti­on in con­necti­on with a theft ca­se. Anyo­ne with in­for­ma­ti­on should con­tact Sgt Ma­jo­la (044 606 2817 or 044 606 2850).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.