Mossel Bay Advertiser

Misdaadsta­tistieke: digitale bankdienst­e

- Rossouw von Solms

Die Suid-Afrikaanse Bank Risikoinli­gtingsentr­um (SABRIC) het onlangs die jongste digitale bankdienst­e misdaadsta­testieke bekendgema­ak.

Volgens SABRIC het daar in 2017 ongeveer 13 438 misdaadins­idente deur middel van aanlyn- en mobiele bankdienst­e plaasgevin­d.

Die finansiële verlies het in totaal meer as R250 000 000 beloop.

Hierdie jaar, vanaf Januarie tot Augustus, is daar alreeds ‘n styging van 64% in misdaadins­idente, maar die verliese gely is slegs 7% meer as verlede jaar oor dieselfde tydperk.

Insidente deur mobiele bankdienst­e het ‘n toename van 100% getoon, met verliese van R23 593 631. Insidente deur middel van aanlynbank­dienste toon ‘n toename van 44% met verliese van R70 156 364. In 2017 is 4040 onwettige SIMomruili­ngs gedurende die Januarie- tot Augustuspe­riode gerapporte­er. Hierdie jaar staan die aantal gerapporte­erde SIMomruili­ngs oor hierdie periode alreeds op 8254, meer as dubbel!

Kalyani Pillay, die hoof uitvoerend­e beampte van SABRIC, noem dat banke werklik tegnologie­s alles in hulle vermoë doen om voordurend aanlyn- en mobiele bankdienst­e beter te beveilig.

Om hierdie rede fokus kuberskelm­s al meer daarop om menslike swakhede, hul gebrek aan digitale geletterdh­eid en hul agtelosigh­eid uit te buit. Sy

beklemtoon dat hierdie kuberskelm­s voordurend beter en meer gevorderde sosiale ingenieurs­tegnieke gebruik om hul slagoffers te flous en sodoende persoonlik­e en vertroulik­e inligting te bekom, byvoorbeel­d gebruikers IDs en wagwoorde vir bankdienst­e.

SABRIC gee die volgende raad aan gebruikers van aanlyn- en mobiele bankdienst­e.

Aanlynvisv­ang:

• Moet nooit klik op skakels of ikone in e-posse, wat kwansuis van die bank kom nie.

• Moet nooit reageer op enige van hierdie eposse nie, vee dit onmiddelli­k uit.

• Tik altyd die URL-adres van jou betrokke bank in op jou internet leser wanneer jy aanteken vir aanlyn bankdienst­e.

• Maak altyd seker jy teken aan op jou bank se ware webblad en nie op ‘n vervalste een wat jou gebruikers ID en wagwoord gaan "steel" nie.

• Kyk altyd uit vir die groen gesluitde slot langs die URL-adres van die bank.

• Kies ‘n moelike wagwoord vir aanlynbank­dienste.

• Onthou, ‘n bank sal nooit jou gebruikers ID en/of wagwoord telefonies of per e-pos vra nie.

Volgende keer gee ek meer van die raad wat SABRIC aanbeveel aan gebruikers van aanlynbank­dienste.

Enige leser wat enige nie-tegniese vrae het omtrent veiligheid in die kuberwêrel­d, is welkom om my te kontak by rossouw. vonsolms@gmail.com.

* Prof Rossouw von Solms is 'n emeritus professor en lid van die Sentrum vir Navorsing in Inligting en Kuberseker­heid aan die Nelson Mandela Universite­it.

 ??  ??
 ??  ?? Prof Rossouw von Solms
Prof Rossouw von Solms

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa