Mossel Bay Advertiser

Skooltjie wil graag klaar bou

-

Pastoor Jennifer Saal van Pniël-bedieninge, skryf:

Ek is in die bevoorregt­e posisie om met in die 60 voorskools­e kinders te werk vanaf 'n perseel by die Aslapark-gemeenskap­saal. Die kinders kry 'n daaglikse maaltyd en ons bied ook 'n nasorgfasi­liteit vir kinders van Garden Route Primêre Skool.

Die vyf onderwyser­s het almal 'n kwalifikas­ie in Educare en SmartStart en ons maak gebruik van voltydse en deeltydse vrywillige­rs wat ons by die skooltjie help. Tans is van ons grootste uitdagings om ons skoolgebou te kan voltooi. Die bouwerk het goed bevorder, maar staan tans stil vanweë 'n gebrek aan borge. Ons wil baie graag die gebou se dak opsit en die ander werk ook klaarmaak.

Tans word twee Wendy-huisklaska­mers aan ons geleen, maar dit is geensins 'n permanente oplossing vir ons behoefte nie.

Ons het 'n moeilike wintertyd deurgemaak en die somer lê voor.

Ons versoek dringend donasies of hulp om die gebou te kan voltooi. By berekening sal die koste van dit wat ons nog moet voltooi R20 000 beloop.

Ons is ook besig met 'n fondsinsam­elingsproj­ek wat saamhang met ons jaarafslui­ting op 24 November. Enige persoon wat ook dalk hulle weg sou oop sien om iets aan ons te skenk soos lekkers en koeldrank vir 'n Kerspartyt­jie, sal baie waardeer word. Ons hoof doelwit is om die kinders se veiligheid te verseker terwyl hulle ouers by die werk is.

Vir enige navrae, kontak my gerus (078 712 4283).

 ??  ?? Die kleinspan van Pniël-bedieninge se skooltjie in Aslapark in hulle tydelike klaskamer. Die skooltjie bedien bykans 80 kinders, wanneer die nasorgleer­ders ook op die perseel is. Daar is dringende nood om die skool se halfvoltoo­ide geboutjie klaar te maak.
Die kleinspan van Pniël-bedieninge se skooltjie in Aslapark in hulle tydelike klaskamer. Die skooltjie bedien bykans 80 kinders, wanneer die nasorgleer­ders ook op die perseel is. Daar is dringende nood om die skool se halfvoltoo­ide geboutjie klaar te maak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa