Mossel Bay Advertiser

Skenk ‘n skooltas vir 2019

-

Honderde behoeftige graad 1's wat 12 jaar gelede landwyd ten volle toegeruste skooltasse ontvang het, gaan volgende jaar matriek toe.

“Sonder ’n tassie en skryfbehoe­ftes in graad 1 sou matriek dalk nooit vir van dié kinders moontlik gewees het nie,” sê die Afrikaanse sanger Riana Nel, wat ’n ambassadeu­r is van Solidarite­it Helpende Hand se Skooltassi­eprojek.

Nagenoeg R1,7 miljoen is nodig om te sorg dat 5 000 behoeftige graad 1's in 2019 hand-aan-hand met hul skoolmaats hul skoolloopb­aan betree. Die inhoud van die tassies sluit onder meer die volgende in: ’n boekie met Bybelstori­es, uitdraaikr­yte, 'n legkaart, inkleurpot­lode, grys potlode, 'n liniaal, 'n skerpmaker, 'n skêr, 'n uitveër, gom, pennesakki­es en penne. Die waarde van die tassie met sy inhoud is ongeveer R380. “Ek is ‘n skrywer, kunstenaar en digter. Ek doen ook grafiese ontwerp, skets en skilder. My kreatiewe loopbaan en bestaan het by ’n potlood en kryte begin, wat ek bevoorreg genoeg was om van my ouers af te kon ontvang,” sê Nel.

“Ek is ’n ambassadeu­r vir die Skooltassi­eprojek want iets so klein soos ’n potlood, gepaard met geloof, kan ’n groot inpak op ’n lewe hê en ’n kind se kreatiwite­it aanwakker.

Hannes Noëth, besturende direkteur van Solidarite­it Helpende Hand, sê die Skooltassi­eprojek is een van dié liefdadigh­eidsorgani­sasie se “malste projekte” wat tans bedryf word. “Uit ‘n sakeoogpun­t maak dit regtig finansieel nie sin om so baie geld op een projek te spandeer nie,” sê Noëth. “Die druk is soms groot om die projek te stop en die R1,7 miljoen vir iets anders aan te wend. Mense vra ook hoekom ons nie goedkoper tasse vir die graad 1's opmaak nie, maar ons wil seker maak elke kind kry net die beste wat hy of sy verdien, net soos hul maatjies wat meer bevoorreg is. Niemand mag uitstaan nie,” voeg hy by.

Die publiek wat Helpende Hand wil ondersteun in dié projek, kan die woord TASSIE SMS na 38969. SMS’e kos R10. Of besoek helpendeha­nd. co.za/skooltassi­e om ’n skenking te maak.

 ??  ?? Afrikaanse sanger Riana Nel, is ’n ambassadeu­r van Solidarite­it Helpende Hand se Skooltassi­eprojek.
Afrikaanse sanger Riana Nel, is ’n ambassadeu­r van Solidarite­it Helpende Hand se Skooltassi­eprojek.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa