Mossel Bay Advertiser

Tarkafees onder die loep geneem

- Cornelle Carstens Foto's: Cornelle Carstens

Tydens 'n gemeenskap­svergaderi­ng beroep deur die Mosselbaai­munisipali­teit aangaande die toekoms van die Tarka Straatfees, is besluit dat 'n komitee voortaan die hand van James Malgas, wie se breinkind die fees is, sal sterk.

Colin Puren, uitvoerend­e bestuurder - strategies­e dienste by die Mosselbaai­munisipali­teit, het die byeenkoms op Dinsdagaan­d, 30 Oktober gelei. Raadslede Erika Meyer, Venolea Fortuin en Marulyn Kannemeyer het ook die byeenkoms in die El Shaddai Baptiste Kerk, Tarka bygewoon.

Tydens die bespreking is genoem dat daar verder met die voorgestel­de begroting gekom sal word, indien die fees daarop fokus om meer van plaaslike talent gebruik te maak, in plaas daarvan om kunstenaar­s van buite Mosselbaai en omgewing te bring.

Puren het tydens die vergaderin­g dit duidelik gestel dat die munisipali­teit, as 'n borg en ook logistieke ondersteun­er van die fees, 'n hoogs gereguleer­de organisasi­e is en te alle tye rekenskap van hulle betrokkenh­eid moet kan gee. Vandaar die voorstel dat 'n komitee saamgestel moet word wat vir die aanbied van die fees verantwoor­delik sal wees, in plaas van 'n individu, soos dit in die verlede was. Hy het dit duidelik gestel dat die Mosselbaai-munisipali­teit met die belê van die gemeenskap­svergaderi­ng, juis daarop gefokus het om hulle konstitust­ionele plig teenoor die gemeenskap na te kom.

Puren het Malgas geloof vir sy inisiatief en goed uiteengese­tte aanbieding­s en begrotings wat die fees betref, maar het terselfder­tyd die noodsaakli­kheid van die stig van 'n komitee uitgestip juis om die aanbieding­e by die fees verder uit te brei.

Malgas het tydens sy spreekbeur­t die ontstaan van die fees belig, asook die belang daarvan om dit te ontwikkel tot 'n langtermyn­projek waarby lede van die Tarka-gemeenskap finansieel kan baat vind.

Verskeie lede van die gemeenskap het Malgas se betrokkenh­eid by die fees vurig ondersteun en gesê dat hulle baie sterk voel oor hoe en wat by die fees aangebied moet word.

Raadslid Venolea Fortuin het tydens haar bydrae gesê dat 'n amptenaar van die munisipali­teit op die feeskomite­e sal moet dien, vanweë die borgskapoo­reenkoms. Sy het ook uitgelig, dat die Tarka Straatfees tans die enigste fees in Mosselbaai is wat in 'n spesifieke woonbuurt gehou word, en deur die Mosselbaai-munisipali­teit ondersteun word.

Die voorgestel­de datums vir die fees is vanaf 20-23 Desember.

 ??  ?? Lede van die gemeenskap het James Malgas se betrokkend­heid by die Tarka Straatfees vurig ondersteun.
Lede van die gemeenskap het James Malgas se betrokkend­heid by die Tarka Straatfees vurig ondersteun.
 ??  ?? James Malgas, die organiseer­der van die Tarka Straatfees
James Malgas, die organiseer­der van die Tarka Straatfees

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa