Mossel Bay Advertiser

‘n Week vol verrassing­s

- Gholfers

'n Totaal van 137 spelers het op Woensdag, 24 Oktober die stoute skoene aangetrek vir die uitmergele­nde Greenkeepe­r's Revenge-kompetisie. Met vlaggies wat rond en bont geplant was het die spelers die groen weivelde aangedurf. Albertyn Sauerman het beslis sy wraak geneem.

Dit was beslis ‘n fisieke en emosionele uitdaging, maar die spelers het hulle goed van hulle taak gekwyt en die dag geniet.

Na die moeilike stryd was daar slegs vier punte verskil tussen eerste en vierde plek.

In die eerste plek met 50 punte was dit Clive Kaptein, Clinton Windvogel, Malan Barnard en Pine Pienaar. Kort op hulle hakke in die tweede plek met 49 punte, Fanie van Vuuren, Emil Scheepers, Danie van Zyl en spookmaat. Christo Jonk, Johan Ackron, Noël Domingo en Johan Masie was derde met 48 punte.

Die laaste pryswenner­s was Pieter Barnard, Markie Sciarone, Colin Buck en Ian Wessels met 47 punte.

Saterdag

Saterdag, 27 Oktober het afgeskop met ‘n vuurwarm individuel­e stableford­kompetisie.

Daar was 136 brawe spelers wat die hitte aangevat het. In die A-afdeling was daar strawwe kompetisie vir eerste plek tussen André Middel en JJ Joubert. André Middel het as wenner uit die stryd getree met 39 punte na die uittel-proses.

In die B-afdeling het Johan van den Berg met ‘n uitmuntend­e telling van 41 punte die eerste plek verower. Attie van Niekerk het die C-afdeling oorheers met 41 punte op die telkaart.

Die volgende pryswenner­s het uitstekend­e tellings aangeteken: JJ Joubert (39 punte), Chris Barnard (38 punte), Waldo Vorster (38 punte), André Zietsman (37 punte), Neels Mostert (37 punte), Chris Brits (37 punte), en Fanie van Vuuren (37 punte).

 ??  ?? Van die wenners van die Greenkeepe­r’s Revenge-kompetisie.
Van die wenners van die Greenkeepe­r’s Revenge-kompetisie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa