Mossel Bay Advertiser

Kabeljoudr­oom na 43 jaar bewaarheid

- Christo Vermaak

Om 43 jaar lank te hengel, langs die see te sit en die water vanuit verskillen­de oorde te benader met die hoop dat daar once in a blue moon 'n grote juis jóú aas sal insluk, is maar elke vasbyt-hengelaar se droom.

Louis Adams van Tergniet het Woensdag, 24 Oktober na 43 jaar se hengel sy hengelgere­i gepak en met dié droom aan die Groot Brak-kant van die Klein-Brakrivier gaan lyn natmaak. Baie opgewonde oor 'n 20kg-hamerkopha­ai wat hy uitgetrek het, het hy besluit om 15 minute later sy 14 voet stok se lyn met 'n seekatpoot en 'n stukkie sardyn daarby, se lyn laat sing.

Dit was 14:30 die middag toe die stok bykans dubbeld vou see se kant toe en die gesoute hengelaar weet vandag is sý dag. Hy het wel eers gedink dit is 'n bronshaai wat sy aas uitgekies het, maar kort voor lank, toe sien hy wat hy beskryf as 'n "once in a blue moon monster van 'n kabeljou" aan sy hoek. Die knewel was inderdaad 'n kablejou van 48kg.

Vyf en veertig minute later het hy die kabeljou geland. Ingeweeg, gespog, foto's geneem en breëbors het hy sy trofeevis, wat sy vorige rekord naamlik 'n steenbras van 12kg na 'n goudvissie laat lyk het, ingelaai en huiswaarts gekeer.

Adams sê: "Ek glo nie ek sal weer so 'n monster van 'n vis vang nie." Juis daarom het hy van die kop 'n trofee laat maak. Die vleis is in die vrieskas, gereed om te braai.

Oor hoe dit voel om so kalant te land, is sy kommentaar: "Aardig, maar lekker."

 ??  ?? Louis Adams (links) met sy 43kg kabeljou.
Louis Adams (links) met sy 43kg kabeljou.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa