Mossel Bay Advertiser

Tannie Magdalena van Mosselbaai word 104 jaar oud

- Linda Sparg

Tannie Magdalena (Daleen) Nieuwoudt wat in Onse Rus-ouetehuis op Mosselbaai bly, het op Sondag, 4 November 104 jaar geword.

Sy is tans waarskynli­k die oudste persoon in die Mosselbaai-omgewing.

Die Mossel Bay Advertiser het tannie Nieuwoudt op Vrydag, 2 November gaan besoek.

Opmerklik wanneer 'n mens haar ontmoet is haar lewensvreu­gde en dankbaarhe­id. Sy sê sy het geen spesifieke geheime om te deel aangaande haar langslewen­dheid nie. “Dis my Here wat dit gedoen het. Ek is baie dankbaar."

Sy is dankbaar teenoor die personeel by Onse Rus vir alles wat hulle vir haar doen. “Dankie ook aan my kinders.

“Toe ek hulle aangespree­k het oor goed waarvan ek nie hou nie, was hulle nooit lelik met my nie.”

Sy het drie kinders, 'n seun in Beaufort-Wes, 'n dogter in Kleinbaai en nog 'n seun in Mosselbaai.

Tannie Daleen kan nog steeds loop en sy lees graag biblioteek­boeke in gewone druk, nie grootdruk nie.

Sy sê sy het geen pyne in haar liggaam nie. Boonop dink en praat sy helder en duidelik.

Haar gunsteling­kos is boerekos. Sy eet gesond en geniet groente en vrugte.

Dis duidelik dat die Onse Rus-inwoners baie van tannie Daleen hou. Toe die Mossel Bay Advertiser daar was, het hulle rondom haar gestaan en vir haar soentjies en drukkies gegee.

Hulle het ook liedfderyk stories en grappies oor haar vertel. Tannie Daleen het op 'n skaapplaas in Hanover in die Karoo grootgewor­d. Sy het van perdry gehou en as volwassene, was sy die NG Kerk-orrelis op Hanover.

Sy het orrel- en klavierles­se gegee. Haar man is 'n hele paar jare gelede oorlede. Die burgemeest­er, raadsheer Harry Levendal, het ook die verjaarsda­gviering op 2 November bygewoon. Hy het 'n groot bos blomme in 'n mandjie, ook gevul met ander verrassing­s vir haar gegee. Hy het gesê dat dit 'n voorreg is om haar te kon besoek. "Baie dankie vir jou aangenaamh­eid. Ek sal dit nooit vergeet nie," was haar antwoord.

Ken jy iemand wat ouer as 104 jaar is? Stuur 'n e-pos aan lindas@groupedito­rs.co.za of skakel die Mossel Bay Advertiser se kantoor (044 690 7156).

 ?? Foto: Linda ?? Tannie Magdalena (Daleen) Nieuwoudt saam met die burgemeest­er, raadsheer Harry Levendal.Sparg
Foto: Linda Tannie Magdalena (Daleen) Nieuwoudt saam met die burgemeest­er, raadsheer Harry Levendal.Sparg

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa