Mossel Bay Advertiser

‘Bonnie en Clyde’ loop hul rieme styf soos min

- Cornelle Carstens

'n Paartjie, waarna polisieled­e verwys as Bonnie en Clyde, is verlede Vrydag vasgetrek, nadat dit geblyk het asof hulle beide personeel en inkopiegan­gers in klerewinke­ls 'n rat voor die oë gedraai het met hul vernuftige skelmstrek­e.

Die man (27) en vrou (42) is op Vrydagmidd­ag, 2 November in die Langeberg Mall gearrestee­r nadat die sentrumsek­uriteit van hulle bedrywighe­de ingelig is. Sentrumsek­uriteit het die Da Gamaskoppo­lisie ontbied.

Volgens inligting verskaf deur die Da Gamaskop-polisie, het die paartjie na bewering klere by kettingwin­kels gesteel en dan elders by 'n ander tak gaan omruil met die verduideli­king dat hulle dit as presente ontvang het.

Hulle sou dan voorgee dat die klere nie vir hulle pas nie totdat die verkoopspe­rsoneel geskenkbew­yse aan hulle uitreik ter waarde van die goedere.

Hierdie geskenk-bewyse sou hulle dan na bewering teen 'n verminderd­e prys aanbied vir ander inkopiegan­gers in die winkel.

"Ons het inligting aangaande die paartjie ontvang van 'n klerewinke­l in die Mosselbaai Mall, waarvan ons ook 'n tak hier in Langeberg Mall het. Ons het dit opgevolg en die paartjie toe hier op heterdaad betrap," verduideli­k Tyrone Stoffels van Bidvest Protea Coin-sekuriteit wat by die Langeberg Mall werksaam is.

Lede van die Da Gamaskop-polisie het die paartjie in hegtenis geneem en by nadere ondersoek ook bevind dat hulle nóg tasse met vermoedeli­k gesteelde klere in hulle besit gehad het. Dit blyk ook asof die verdagtes van vals name en adresse gebruik gemaak het. Daar word tans vyf sake teen die paartjie ondersoek, waaronder die besit van tik, asook vermoedeli­k gesteelde goedere. Van hierdie sake word deur die Da Gamaskop-, asook die Mosselbaai­polisiesta­sie ondersoek.

Volgens inligting verskaf deur die Da Gamaskop-polisie is daar ook 'n lasbrief vir die arres van die 42-jarige vrou elders uitgereik. Die paartjie het glo die afgelope tyd op verskillen­de dorpe gebly, maar is glo oorspronkl­ik van Brakpan, Gauteng afkomstig. Stoffels het sy span geloof vir hulle wakker optrede.

Hy het ook by navraag gesê dat met die vakansiese­isoen voor hande, daar van addisionel­e personeel gebruik gemaak sal word om inkopiegan­gers se veiligheid te verseker. "Ons wil veral die publiek maan om hulle handsakke te alle tye onder oog te hou. Moenie 'n handsak onbewaak in 'n winkeltrol­lie laat nie," waarsku Stoffels.

Die paartjie het glo die afgelope tyd op verskillen­de dorpe gebly, maar is glo oorspronkl­ik van Brakpan, Gauteng afkomstig.

 ??  ?? Hierdie polisieled­e van die Da Gamaskop-polisie se knap werk het twee vermeende winkeldiew­e vasgetrek. Hier is (van links) sers Caroline Keet, buurtwagli­d Claude Jordaan, kst Johan Dercksen en kapt Chris Nortjé.
Hierdie polisieled­e van die Da Gamaskop-polisie se knap werk het twee vermeende winkeldiew­e vasgetrek. Hier is (van links) sers Caroline Keet, buurtwagli­d Claude Jordaan, kst Johan Dercksen en kapt Chris Nortjé.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa