Mossel Bay Advertiser

Skoolhoof erken glo seksdade uit verlede

- Louise Karsten

'n Een-en-sestigjari­ge voormalige skoolhoof staar vervolging in die gesig, meer as 30 jaar nadat hy na bewering 'n 12-jarige leerder by 'n skool in King William's Town in die Oos-Kaap verkrag het.

Die verdagte was in die vroeë 2000's 'n skoolhoof by 'n primêre skool op Mosselbaai en het onlangs weer na Mosselbaai verhuis na sy aftrede uit die onderwys.

Die slagoffer het onlangs 'n e-pos aan die Mossel Bay Advertiser gestuur waarin hy vertel dat hy in die 1980's deur sy kunsonderw­yser, wat later ook 'n skoolhoof geword het, by Dale College Primêre Skool vir seuns verkrag is. Die slagoffer, wat vandag in sy 40's is, sê in die e-pos dat hy tot onlangs nog onder die indruk was dat die verdagte oorlede is. Hy het egter uitgevind dat sy beweerde verkragter steeds leef en op Mosselbaai woon nadat 'n vriend vir hom 'n foto van die man op sosiale media aangestuur het.

Die slagoffer het 'n e-pos aan die verdagte gestuur waarin hy vir die man sê dat die aand waarop hy verkrag en seksueel aangerand is, steeds by hom spook.

"Ek was 12-jaar oud! Jy het misbruik van my gemaak en my seksueel aangerand, jy het my jeug en lewe verwoes. Jy was my kunsonderw­yser en ek was lief vir kuns. Vandag haat ek kuns."

Die slagoffer het aan die Mossel Bay Advertiser gesê dat hy nie die voorval voorheen aangemeld het nie, omdat hy homself daarvoor blameer het. Nadat hy egter uitgevind het dat die verdagte steeds leef, het hy 'n saak by die Mosselbaai­polisie se eenheid vir gesinsgewe­ld, kindermish­andeling en seksuele misdrywe (GKS) aanhangig gemaak.

Die verdagte het na bewering met die slagoffer per e-pos gekorrespo­ndeer en hom om verskoning vir sy optrede gevra. Hy het ook in die e-pos beken dat die voorval wel plaasgevin­d het.

Die saak sal oorgeplaas word na die GKSeenheid in King William's Town.

* Hoewel die verdagte se naam in ander media genoem word, weerhou die Mossel Bay Advertiser sy naam omdat hy nog nie gepleit het op die aanklagte teen hom nie. Die identiteit van seksuele verdagtes mag nie bekend gemaak word voordat die verdagte gepleit het nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa