Mossel Bay Advertiser

Bespiegeli­nge oor tekort aan brandstof op dag van styging

- Louise Karsten

Die balansheff­ing op die diesel en petrolprys wat in November in werking getree het, gaan na verwagting 'n hele paar maande geld. Die petrolprys bly onverander­d in plaas daarvan om te daal, terwyl die dieselprys met sowat 50 sent per liter styg. Tydens die petrolstyg­ing in Oktober waartydens petrol vir die eerste keer tot nog toe, duurder as R17 per liter was, is motoriste by 'n vulstasie in Voorbaai op Mosselbaai weggewys omdat daar teen die middag nie meer petrolvoor­raad beskikbaar was nie.

Volgens 'n werknemer van die vulstasie, wat verkies om anoniem te bly, was motoriste woedend. Petroljogg­ies het boonop onder motoriste se frustrasie deurgeloop. "Hoekom is daar nie genoeg brandstof op die dag van die styging nie? Al die betrokke instansies weet tog dat daar genoeg voorraad moet wees omdat die meeste motoriste op die dag van die styging hul tenks vol petrol of diesel gooi." Dit was glo ook nie die eerste keer dat die vulstasie nie genoegsame voorraad tydens die dag van die brandstofs­tyging gehad het nie. Volgens die bron het dit die vermoede laat ontstaan dat die verskaffer van die brandstof, die vooraad terughou, sodat 'n wins gemaak kan word omdat genoegsame brandstof eers beskikbaar was nadat die petrolstyg­ing om middernag reeds van toepassing was.

Die Mossel Bay Advertiser het navraag oor die bewering gedoen en dit is as verregaand­e afgemaak. Die Mossel Bay Advertiser sal graag ons lesers se kommentaar hieroor wil hoor en nooi lesers uit om e-pos te stuur na louise@groupedito­rs.co.za

 ?? Foto: Hein Boshoff ?? Daar het nie veel van die winkel se dak oorgebly nadat die brand geblus is nie.
Foto: Hein Boshoff Daar het nie veel van die winkel se dak oorgebly nadat die brand geblus is nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa