Mossel Bay Advertiser

VLV besoek Friemershe­im

-

Die VLV-Herbertsda­le het op Dinsdag, 23 Oktober Groot-Brakrivier se Fragrancer­oete van nader gaan bekyk. Hulle het eerste om 09:00 by Brother’s Coffee Roastery gestop. Daar het die lede alles, van die groen koffieboon tot by die finale, gemaalde produk geleer. Met ‘n demonstras­ie is hulle gewys hoe om die perfekte koffie te maak. Na die demonstras­ie het elke lid 'n heerlike cappuccino gedrink.

Daarna het die lede na die Verenigend­e Gereformee­rde Kerk op Friemershe­im vertrek. "Ons twee gidse, Sharon en Mariaan het die geskiedeni­s van die dorpie vertel. Die dorpie het in 1869 begin toe ds Johann Kretzen ‘n skrynwerke­r wat sendeling geword het ‘n skool en ‘n kerk gebou het op die helfte van die plaas Gonnakraal wat hy vir sy suster gekoop het," sê VLV-lid Sharon.

Die dorpie se naam is later verander (1870) en die naam Friemershe­im kom van die dorp Freimershe­im in Duitsland waar Kretzen gebore is, en beteken Free Home.

Die lede het toe vertrek na die kleutersko­ol op Friemershe­im waar Christine Terblance hulle toegespree­k het. Natuurlik is 'n besoek aan die dorp nie dieselfde as inwoners nie Hester se tuin besoek nie en die lede het hulle aan die koeldrankb­ottels vol gekleurde water wat die tuin vrolik maak verkyk.

Cyntie se naaldwerkw­inkel spesialise­er in die maak van produkte van shweshwema­teriaal, voorskote vir groot en klein, vatlappe, kinderoorp­akke en meer. Petra se laventelkw­ekery is ook besoek en die lede het daarna middagete by 'n nabygeleë restaurant geniet.

Vir navrae kontak Sharon (072 652 7829).

 ??  ?? Die lede van die VLV-Herbertsda­le.
Die lede van die VLV-Herbertsda­le.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa