Mossel Bay Advertiser

Administra­teur se bedanking ‘n kopseer

- Christo Vermaak

Die Eden-sportraad veg om uit ‘n doodloopst­raat te kom om een van SuidAfrika se beste sportadmin­istrateurs, Dave van der Walt wat op dié sportraad dien, te vervang.

Van der Walt het Donderdag, 7

Junie tydens die Eden-sportraad se algemene jaarvergad­ering na 44 jaar as sportadmin­istrateur sy bedanking as sekretaris van die sportraad ingedien. Die Eden-sportraad se bestuur is onbestrede herkies tydens die jaarvergad­ering, met Van der Walt wat ingestem het om aan te bly tot ‘n geskikte nuwe sekretaris aangewys is.

Tot op hede is geen nominasies ontvang om dié sportlegen­de se amp te vul nie.

Verskeie vergaderin­gs is intussen belê in ‘n poging om iemand te identifise­er, maar alle pogings was onsuksesvo­l.

Op Donderdag 25

Oktober is die kwessie tydens ‘n ledevergad­ering indringend bespreek.

Van der Walt wat tydens die afgelope Mosselbaai Sport- en Rekreasief­ees se afrigtersk­onferensie aan die Mossel Bay Advertiser gesê het hy gaan op Maandag, 1 Oktober kantoor oppak, maar hy bly lojaal teenoor die sportraad en sport opsigself. Sodoende was hy tydens 25 Oktober se vergaderin­g steeds in die sportraad se sekretaris­stoel. Tydens dié vergaderin­g het hy aangedui dat hy tot einde 2018 sal aanbly om die bestuur en lede ‘n verdere kans te gee om sy pos te vul. Die bestuur moes met opsies vorendag kom.

Daar is bespiegel dat die sportraad fondse moet soek om die pos ‘n betaalde amp op die sportraad te maak.

Van der Walt dien onbetaald in die pos. Van der Walt se lojaliteit teenoor sport word so hoog geag, dat toe dit voor die Junie-vergaderin­g bekend word dat hy gaan bedank, die visevoorsi­tter van die Wes-Kaapse departemen­t sport en kultuur, Bennett Bailey besluit het om ter ere van Van der Walt uit Kaapstad na George te reis om die vergaderin­g by te woon.

Hy het Van der Walt geloof vir sy onbaatsugt­ige diens as sportadmin­istrateur. “Dave van der Walt is een van my mentors in my sportloopb­aan.

Hy is ‘n lojale en hardwerken­de sportadmin­istrateur,” het Bailey gesê.

 ??  ?? Dave van der Walt
Dave van der Walt

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa