Mossel Bay Advertiser

Call to attend parade

-

Legionnair­e Deon Potgieter, on behalf of The SA Legion, writes:

More than 90 years ago the community of Mossel Bay decided to erect a war memorial to honour those local citizens who had lost their lives in the theatre of war.

Funds were raised by the community through donations and bazaars to pay for the establishm­ent of the monument at the Point on land donated by the municipali­ty.

On 28 September 1928 the Cenotaph was unveiled by Maj-Gen, Sir HT Lukin KCB CMG DSO & Bar, who was the Commander of the South African Forces that went to war in Europe and Africa in 1915.

The Cenotaph was designed by WJ Delbridge, an architect, in the Art Deco Style and modelled on the Cenotaph in White Hall, London, England.

On Sunday, 11 November, at 10:30, the Blaize Away Shellhole will host a Remembranc­e Day service and parade at the Cenotaph which is below the St Blaize Lighthouse and opposite the Point Hotel.

Members of the public are welcome to attend the proceeding­s as the Remembranc­e Day parade and memorial service are in honour of all those men and women from Mossel Bay who paid the ultimate price during the First and Second World Wars the Korean War and the South African Border War and more recently the Iraq War.

Remember Poppy Day on Saturday, 10 November for The South African Legion, a non-profit organisati­on in aid of veteran servicemen and servicewom­en. Your financial support will be highly appreciate­d.

“So, wat beplan julle vir Kersfees?”

Die sin rol bryerig van haar tong af.

Ek kan nie glo die vraag vang my so onkant nie. Toe die paar oë my stomheid sekondes lank vraend aankyk, wagtend op my antwoord, prewel ek iets en verander die onderwerp summier.

Op pad huis toe uit George met sy swartverbr­ande berge ná 'n besoek aan 'n vriendin dié week, pla die vraag my steeds. Of liewer, wat my pla, is my gebrek aan ‘n sinvolle antwoord, want die jaar word immers al ryp.

Wat beplan ek vir Kersfees? Dit herhaal in my kop. Wel, ten minste is die kas vol vrugtekoek, kom die antwoord.

Mense se reaksie op vrugtekoek, is soortgelyk aan hulle gevoelens oor die kleur oranje. Twee uiterstes. Jy is gek daarna of jy haat dit.

Ek het ‘n besonderse swak vir vrugtekoek. Só erg, dat ek vroegoggen­de rondom Kerstyd al kombuis toe gesluip het vir ‘n skelm snytjie. Vir diefstal maak mens nie 'n bordjie vuil nie, jy dra die buit in jou hand. En jy lek sommer ook die mes skoon.

Die probleem is egter dat sulke sonde nie geheim gebly het nie. Want soos in die verhaal van Hansie en Grietjie, het die streep koekkrumme­ls in die gang af tot by my kamerdeur, my swakheid verklap.

Ander kere, kon ek darem die koekkrumme­ls beredder. Maar daar was dié keer wat my oggendkoff­ie in die bed bedien is en toe ek dit met dank begroet kom die geskokte vraag: “Het jy gedrink?”

Dít nou vanweë die vrugtekoek se brandewyni­nhoud nog merkbaar op my asem.

My jarelange vergrepe oor die Kerstyd wat sy oorsprong in my prille jeug had, het geboorte gegee aan een groot, allesoorhe­ersende begeerte: om ‘n hele jaar lank te kan vrugtekoek eet, soos en wanneer ek lus het.

Verlede jaar, synde dat ek darem nou al ‘n vrou van jare is, neem ek toe my kans waar en ek koop soveel vrugtekoek­mengsel as wat my begroting toelaat.

Die vrou by die drankwinke­l se wenkbrou het betekenisv­ol gelig toe ek die “brannas en soetes” voor haar neersit om te betaal.

Ek verduideli­k dis vir Kersfeesko­ek, maar ek kan sien sy het haar bedenkinge - ek meen te sê wie op dees aarde bak soveel vrugtekoek.

En het ek nou vrugtekoek gebak hoor? Die gevoel van selfvoldaa­nheid toe ek ‘n hele rak in my kombuiskas moes leegmaak vir Tupperware-houers vol vrugtekoek, was behaaglik.

Nes daar ‘n krisis of ‘n groot lekker oor my pad kom dié jaar, was die ryk geur van ‘n al ryperworde­nde vrugtekoek soos kondensmel­k in sterk moerkoffie.

Daar is ‘n gesegde in die volksmond waarmee ons mekaar alte graag herinner dat die besonderse dinge in die lewe nie agter elke bos uitgekrap word nie.

“Dis nie aldag Krismis nie,” het ons altyd as kinders gehoor as 'n iets buitengewo­ons ons onbepland te beurt sou val.

Maar met my kas steeds vol genoeg vrugtekoek om die res van my onvoltooid­e Kersbeplan­ning te troef, sê ek: “Whêla-kepêla en wat wou, in mý huis dit is elke dag Krismis!”

 ??  ?? The Cenotaph at the Point in Mossel Bay.
The Cenotaph at the Point in Mossel Bay.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa