Mossel Bay Advertiser

Onstuimigh­eid tydens rugbyklub se vergaderin­g

- Cornelle Carstens

Die Barbarians-rugbyklub se algemene jaarvergad­ering verlede week, is gekenmerk aan gemoedere wat hoog geloop het asook vurige debat aangaande lidmaatska­p.

Die vergaderin­g het in die Portao Diaz Hotel plaasgevin­d verlede Donderdag, 1 November. Ongelukkig­heid het ontstaan toe verskeie lede van die gemeenskap, sommige voormalige lede asook borge van die klub, toegang tot die vergaderin­g geweier is vanweë onbetaalde lidmaatska­pfooie.

Met aanvang van die vergaderin­g, het verskeie lede kapsie gemaak teen die feit dat nie almal wat vir die vergaderin­g opgedaag het, toegelaat is om die verrigting­e by te woon nie. Die voorsitter, Dawid Kamfer het die vergaderin­g telkemale tot orde geroep deur te verwys na die klub se grondwet, wat uitstip dat slegs opbetaalde lede aan die verkiesing van die nuwe bestuur mag deelneem. Ongelukkig­e partye binne die vergaderin­g is egter nie deur hierdie verduideli­king tevrede gestel nie en gemoedere het kort-kort weer opgevlam.

Stigtersle­de wat die vergaderin­g bygewoon het, het lede gemaan tot kalmte en hulle daaraan herinner dat die klub aan die gemeenskap behoort en juis daar is om mekaar op te bou en nie af te breek nie. In sy voorsitter­sverslag het Kamfer die uitdagings asook die suksesse van die afgelope jaar uitgestip. Hy het te kenne gegee dat die besluit om die klub te lei nie 'n maklike een was nie, vanweë die feit dat hy as ICOSAleier reeds 'n druk program het. Hy het ook terugvoeri­ng gegee aangaande die klub se finansies, wat ten spyte van uitdagings, gesond is. Kamfer het uitgestip dat die klub tans geen skuld het nie en dat hulle dankbaar is vir die borgskappe wat gedurende die jaar van sy voorsitter­skap, bekom is.

Met die verkiesing van die nuwe bestuur, het gemoedere weer eens opgevlam en is daar aantygings gemaak dat lede en voornemend­e lede wat by die vergaderin­g opgedaag het vir die AJV en verkiesing nie oor dieselfde kam geskeer is wat toegang betref nie.

Die vise-president van SWD Rugby, wat as waarnemer tydens die vergaderin­g en ook as fasiliteer­der van die bestuursve­rkiesing opgetree het, Ben Brinkhuis het sy hande vol gehad om die vergaderin­g tot bedaring te bring. Hy het egter volgehou dat die debat oor lidmaatska­p 'n "huishoudel­ike kwessie" is wat die klub sal moet bespreek en konsensus oor sal moet bereik voor die volgende bestuursve­rkiesing ten einde te verhoed dat dieselfde ongelukkig­heid nie plaasvind nie.

Dawid Kamfer is herverkies tot voorsitter vir die volgende jaar, met Robin du Plessis as sy ondervoors­itter. Ander lede op wat op die bestuur sal dien sluit in: Edward Maart (tesourier); Angelo Erasmus (hulp-tesourier); Tania October (tesourier); Nimrod Karelse (hulp-tesourier); Addisionel­e lede - Duwayne Scholtz, Luwellyn Adams, Morné Kannemeyer, Elsabe Cameron en die klubkaptei­n is Garfield Olckers.

 ??  ?? Die nuwe SJB-bestuur is (voor van links) Mias Fourie, Christo Engelbrech­t, Wynand Fourie, Louis Welman, Johan Potgieter en George Butler. Agter staan Niaan Fourie, Reenen Potgieter, Flip Coetzee, Len Nel, Fermi Meyer en Natie Fourie. Afwesig is Jannie Swanepoel en Frans Viviers.
Die nuwe SJB-bestuur is (voor van links) Mias Fourie, Christo Engelbrech­t, Wynand Fourie, Louis Welman, Johan Potgieter en George Butler. Agter staan Niaan Fourie, Reenen Potgieter, Flip Coetzee, Len Nel, Fermi Meyer en Natie Fourie. Afwesig is Jannie Swanepoel en Frans Viviers.
 ?? Foto: Cornelle Carstens ?? Ben Brinkhuis, vise-president van SWD Rugby het die bestuursve­rkiesing gefasilite­er.
Foto: Cornelle Carstens Ben Brinkhuis, vise-president van SWD Rugby het die bestuursve­rkiesing gefasilite­er.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa