Mossel Bay Advertiser

Jukskeispa­nne onderskei hulself

- Sydney Stopforth

Hartenbos en Ruiterbos se jukskeipan­ne het die twee ligas van die Kobus Boshoffjuk­skeitoerno­oi in George, waarin gekompetee­r is, gewen.

Die toernooi het Saterdag, 3 November plaasgevin­d.

Die Kobus Boshoff-jukskeitoe­rnooi word jaarliks aangebied. Kobus Boshoff was 'n legende in eie reg.

Hy het Springbokk­leure (deesdae SA kleure) in jukskei verwerf.

Benewens voormelde het hy ook die SA Meesters en SA Veterane met onderskeid­ing gedien. In die SWD van vroeër (deesdae Eden Jukskeifed­erasie) het hy vir baie jare die presidents­kap beklee. Aan sy sy was sy eggenote, Annatjie Boshoff, ook 'n jukskeispe­ler van faam, onder andere 'n Springbok (SA-speler) en vrouemeest­er.

Slegs vier B- en vyf C-spanne het vir Saterdag se toernooi ingeskryf. Geen A-spanne het ingeskryf nie. Die spelers was van Riversdal, Mosselbaai, Hartenbos, Ruiterbos en George. 'n Opflikkeri­ng in jukskei is die enkele spelers (skoolleerd­ers) van die Laerskool Ruiterbos wat in die C-afdeling deelgeneem het. Onder leiding van Bossie Boshoff wat afrigting by die Laerskool Ruiterbos doen asook met die hulp van Tap van der Schyff ('n speler van Danabaai) het Ruiterbos se Alfredo Simpson, Wilmar Kammies en Lucretia Moccoerag die C-afdeling oorheers en met 1½ punte bo Hartenbos C as die wenners geëindig.

Daar was geen weghol oorwinning­s nie. Die finale uitslae is (punte in hakies): B-spanne: Hartenbos B (59½); Riversdal B1 (49½); Riversdal B2 (33½); George B (2½).

C-spanne: Ruiterbos (37½); Hartenbos (36); Riversdal (32); George (22½); Mosselbaai (22).

 ??  ?? Woensdag het aan Eugene Barnard behoort. Eugene het tydens die skietoefen­ing ‘n voltal behaal en ook vir Suzette Herrer pak gegee. Dit was die klub se eerste voltal in ‘n langtyd. Samson Tshoto was in die derde plek. Met die 9mm het Johan Kemp en Samson saam eerste geëindig.
Woensdag het aan Eugene Barnard behoort. Eugene het tydens die skietoefen­ing ‘n voltal behaal en ook vir Suzette Herrer pak gegee. Dit was die klub se eerste voltal in ‘n langtyd. Samson Tshoto was in die derde plek. Met die 9mm het Johan Kemp en Samson saam eerste geëindig.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa