Mossel Bay Advertiser

Vroue se skietvernu­f bo

-

Verskeie lede het die afgelope Saterdag goed presteer tydens die Neill Calitz skietklub se November-kompetisie.

Drie vroue, Suzette Herrer, Mariska van Wyk en Johanna Germishuys het uitstekend gevaar en die mans op hul tone gehou.

Die vroue ding vanjaar op gelyke voet met die mans mee en almal in die klub is trots op hul prestasies. Johanna het die 10-20m silhoeët gewen terwyl Suzette, Mariska, Willie Germishuys en Chris Boshoff voltalle in die 20m-silhoeët behaal het. Oor die 10m het Marius en Mariska gelyk geëindig met 99/100 terwyl Mariska en Suzette oor die 20m gelyk bo was en die ander lede oortuigend geklop het. In die 20m-snelvuur het Willie 'n baie goeie telling behaal en vir Hannes Ingram en Suzette in die gesamentli­ke tweede plek ingedwing.

Hannes en Willie het die 9mm-pistoolski­et gesamentli­k gewen met Ivan Maddison een punt agter hulle.

Uitslae

10m: 1. Marius van Wyk en Mariska van Wyk; 3 Suzette Herrer; 4. Willie Germishuys;

5. Hannes Ingram; 6. Ivan Maddison. 20m: 1. Suzetter Herrer en Mariska van Wyk; 3. Marius van Wyk; 4. Chris Boshoff;

5. Hannes Ingram; 6. Johanna Germishuys. 20m-snelvuur: 1. Willie Germishuys; 2. Suzette Herrer en Hannes Ingram; 4. Gert Nel; 5. Marius van Wyk; 6. Ivan Maddison.10m - 9mm: 1. Willie Germishuys en Hannes Ingram; 3. Ivan Maddison; 4. Gerrie Bester en Mariska van Wyk. 10-20m silhoeët: 1. Johanna Germishuys;

2. Marius van Wyk, Johan Kemp, Chris Boshoff, Willie Germishuys en Gerrie Bester. 20m-silhoeët: Willie Germishuys, Suzette Herrer, Mariska van Wyk en Chris Boshoff;

5. Soekie Boshoff, Gerrie Bester en Marius van Wyk.

Spanne: 1. Willie Germishuys en Gert Nel asook Hannes Ingram en Marius van Wyk.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa