Mossel Bay Advertiser

Neels Mostert (88) speel ‘n bars hou

- Gholfer

Oktobermaa­nd het ten einde geloop met die gewilde Sakemanned­ag wat op Woensdag, 31 Oktober weer die spelers lustig stokke geswaai het. Die wenners, Jurgens Bosman en Johann Strauss, het nie net die beterbal stableford­kompetisie op ‘n skitterend­e 51 punte gewen nie, maar ook hulle plek in die eindstryd van die Winteruitk­lop-kampioensk­ap verseker.

Die gedugte kombinasie van Dawid Gerber en Div de Villiers het alles gegee, maar selfs dit was nie genoeg om Johann en Jurgens te stuit nie.

Hulle kom nou in die finaal teen die kompeteren­de Ferdie Jonck en sy onvoorspel­bare maat, Anton Steenkamp, te staan. Colin Buck en Chris Barnard wat deesdae weer gereeld prystafel toe stap, het op 47 punte tweede geëindig.

Die rustige Pine Pienaar en sy besoekersm­aat, Andries Jacobs, se 46 punte het hulle in die derde plek laat eindig. Die volgende spelers het op 45 punte ook nog die paadjie prystafel toe bewandel: G Rule en J Smith, N Domingo en J Masie, S Morrison en A Lambrecht.

Saterdag

Saterdag, 3 November het die spelers reeds vroegoggen­d afgeslaan om te verseker dat hulle die rugbytoets tussen die Bokke en die Rose kon sien. Die 145 spelers het aan ‘n beterbal houespelko­mpetisie deelgeneem. Die stryd was fel met vyf pare wat op 61 houe geëindig het en die uittelstel­sel het beslis dat Kelvin Muller en die 88-jarige Neels Mostert as wenners gekroon word.

Die volgende spelers het op 61 houe ook gesorg dat hulle ‘n vuurtjie kon gaan aanslaan: S Muller en K Louwrens, A du Plessis en J Masie, P Good en W Mitchell, asook G Gagiano en B Saayman.

Met die dae wat vinnig langer word is dit miskien tyd om die gholfstokk­e af te stof en voor donker nege putjies te geniet. Die baan is pragtig en sal beslis die dag se frustrasie­s en harde werk goed beloon.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa