Mossel Bay Advertiser

Tarka se teertemmer­s

- Cornelle Carstens

Middae na skool kom hulle byeen. En dan, is die strate hul koninkryk.

Hulle noem hulleself TTB, dié mannetjies op die fietsies. "Team Tarka Boys," word daar gesê nadat konsensus eindelik bereik is.

Tarka se seuns hou hulleself besig. En dít met speelgoed wat hulle self maak. 'n Ou fiets se raamwerk, dikwels weggooigoe­d wat opgetel word, word gebruik. 'n Ystersaag maak weg wat onnodig is en dan kom daar wiele aan. 'n Winkeltrol­lie se wiele is ideaal, meen hulle.

Middae na skool kom hulle byeen. En dan, is die strate hul koninkryk.

James Malgas, kunstenaar en boorling van Tarka sê dié rygoed kry altyd hier met vakansiety­e gestalte. "Voorheen het die manne kaskarre gemaak, maar hulle het altyd gesukkel om die karretjies te maak want hulle moet 'n hamer en spyker en die houtjies kry. Toe begin hulle maar met die fietsies."

Met die Mossel Bay Advertiser se besoek, sit die seuns by 'n bushalte en verf hulle fietsies. Kolletjies en strepe, selfs die wiele kry 'n lagie verf. Van die ander manne haal solank hulle vernuftige toertjies uit, terwyl dié wat nie ry of verf nie, veiligheid­shalwe 'n ogie op die aankomende verkeer hou.

Van hulle het al hard met die grond kennis gemaak, maar sê hulle ewe eergevoeli­g, dit het ook net eenkeer gebeur. Hulle leen en ruil die fietsies uit ondermekaa­r sodat almal 'n beurt kan kry. Hulle ma's kla glo nie te veel oor die ryery nie, maar maan hulle gereeld

om versigtig te wees.

Toertjies wat gewild is, meen hulle is om die wiel van die grond af te lig, soos om te wheelie. En om te pop. "Tannie weet mos, spin," sê 'n outjie kordaat. Hy verwys na die motorsport by De Bakke.

"Hulle ouers hoef nie vir hulle speelgoed te koop nie, want hulle vat enige stuk framepie en sit wieletjies aan en daar speel hulle," verduideli­k Malgas.

Dié fietsies, meen Malgas, is 'n toonbeeld van die seuns se kreatiwite­it en inisiatief, daarom sal hulle waarskynli­k vanjaar by die Tarka Straatfees in Desember van hulle toertjies demonstree­r.

En waar is die meisies? "Nee die meisies wil nie ry nie. Hulle is te bang vir val. Maar ons sal hulle leer. Dan is daar pienk fietse vir hulle en bloues vir ons."

 ?? Foto: Cornelle Carstens ?? Tarka se seuns maak met trots hulle eie speelgoed uit weggooigoe­d en dan is die strate hul koninkryk.
Foto: Cornelle Carstens Tarka se seuns maak met trots hulle eie speelgoed uit weggooigoe­d en dan is die strate hul koninkryk.
 ??  ?? Elke fietsie word kunstig versier by die bushalte in Tarka.
Elke fietsie word kunstig versier by die bushalte in Tarka.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa