Mossel Bay Advertiser

Verf in kondome beskadig eiendom

- Louise Karsten

Tieners van 'n hoërskool op Mosselbaai wat in 'n venynige vete met mekaar gewikkel is word verdink van die kwaadwilli­ge saakbeskad­iging waartydens drie eiendomme die afgelope naweek met verf in kondome beskadig is.

Die polisie ondersoek drie voorvalle op Fraaiuitsi­g, Hartenbos en Danabaai.

Volgens die Groot-Brakrivier polisiewoo­rdvoerder, kst Laurianne Botha is daar tussen 10 November en 11 November op 'n woning in Fraaiuitsi­g toegeslaan.

Die verdagte/s het ligte groen, blou en wit verf in kondome gesit en dit onder meer teen die woning se mure gegooi. "Die skade beloop reeds meer as R100 000 omdat die klaer se blou Ford Ranger-bakkie ook met verf gegooi is."

Danabaai

'n Danabaaier se huis het op Woensdag, 7 November onder vrot eiers deurgeloop. Kort daarna, berig die KwaNonqaba­polisie se woordvoerd­er, sers Kapp, was die huis ook die teiken van verfbomme.

"Die voorval kon enige tyd tussen 10 November en 11 November plaasgevin­d het. Toe die inwoner buite sy huis kom het hy die verfblerts­e op die plaveisel voor sy huis opgemerk. 'n Stukkende kondoom is ook op die toneel gevind," aldus sers Kapp.

Sersant Kapp sê die KwaNonqaba­polisie ondersoek 'n saak van kwaadwilli­ge saakbeskad­iging. Enige persoon met inligting word versoek om die polisiesta­sie (044 606 5600) te kontak.

By navraag aan die Da Gamaskoppo­lisie, in wie se bedienings­area Hartenbos is, het 'n woordvoerd­er gesê dat geen voorvalle van verfgooier­y, soos beweer, op die buurtwaggr­oepe gerapporte­er is nie.

Een van die klaers het aan die Mossel Bay Advertiser gesê die kwaadwilli­ge optrede spruit na bewering uit konflik tussen 'n groep tienermeis­ies- en seuns. "Dit lyk vir my dit gaan oor 'n spesifieke persoon wat nie na 'n kamp toe genooi is nie. Ek verstaan net nie hoekom die ouers ook daaronder moet ly nie. Daar is 'n verdagte, maar ek is nie seker of dit wel hy is wat dit gedoen het nie."

 ??  ??
 ??  ?? Verf is op die plaveisel van ‘n huis by Danabaai gegooi. INLAS: Die polisie het beslag gelê op van hierdie kondome wat nog met verf gevul was.
Verf is op die plaveisel van ‘n huis by Danabaai gegooi. INLAS: Die polisie het beslag gelê op van hierdie kondome wat nog met verf gevul was.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa