Be­derf jou brak­kie

Mossel Bay Advertiser - - News - Ly­die Ter­blan­che

El­ke jaar op 16 De­sem­ber kry hon­deei­e­naars die ge­leent­heid om saam met hul hon­de aan 'n pret­stap op Sui­der­kruis­strand by Groot Brak deel te neem. Van­jaar leef hier­die tra­di­sie voort. Dié jaar­lik­se uit­stap­pie is 'n ge­or­ga­ni­seer­de ge­leent­heid en word ge­doen met die on­der­steu­ning en toe­stem­ming van die Mos­sel­baai­mu­ni­si­pa­li­teit.

Die plaas­li­ke wel­syns­or­ga­ni­sa­sie CAWS 4 PAWS re­ël die uit­stap­pie wat ook as 'n ge­leent­heid ge­bruik word om die strand skoon te maak. Deel­ne­mers kry sak­kies om die rom­mel in te gooi ter­wyl hul hon­de aan lei­ban­de die see­lug kan ge­niet.

Die do­na­sie van R50 per ei­e­naar en hond word ge­bruik om fond­se te ge­ne­reer vir CAWS 4 PAWS se nood­saak­li­ke diens­te aan die­re van min­der­be­voor­reg­tes in die ge­meen­skap.

Op 16 De­sem­ber kan jy, vir slegs R50, met jou hond aan ‘n pret­stap op Sui­der­kruis­strand deel­neem.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.