Droog­te­hulp SA sê dan­kie

Mossel Bay Advertiser - - News -

Ty­dens ‘n ge­sel­li­ge funk­sie wat hoof­saak­lik ge­borg is deur Su­pa Quick Mos­sel­baai en Mos­sel­baai Nis­san, het Bur­re Bur­ger, stig­ter van Droog­te­hulp SA, per­soon­li­ke ag­ter­grond ge­gee oor waar sy ge­dag­te om boe­re in nood te help, ge­kom het.

As ‘n de­pres­sie­ly­er moes hy leer om die He­re te ver­trou en om te bid. Hy het een aand in die Na­ma­kwa­land by sy swa­er ge­staan en braai.

Toe Bur­ger na die be­lo­wen­de re­ën­wol­ke ge­kyk, het hy sy ant­woord by die He­re ge­kry toe sy ne­fie van vier­jaar oud daar­die aand vir die eer­ste keer in sy le­we re­ën sien val het.

Hy het die He­re vol­ko­me ver­trou met die af­le­wer van sy eer­ste vrag wa­ter wat na Cal­vi­nia ge­neem is.

Bur­ger ge­tuig dat die He­re sorg en daar­om is vrag nom­mer 954 is ver­le­de week af­ge­le­wer.ë

Vol­gens Bur­ger, word dit al­les moont­lik ge­maak deur ge­wo­ne men­se wat ge­hoor­saam aan God is.

Daar­om het hy ge­voel dat ‘n lek­ker kui­er­aand saam met sy vriend en men­tor Pie­ter de Vil­liers, san­ger Pier­re Ros­souw en be­ken­de rug­by­spe­ler, Jo­hann Mul­ler, die i­de­a­le wy­se is om dan­kie te sê aan die sa­ke­man­ne en in­di­vi­due van Mos­sel­baai vir hul­le be­trok­ken­heid en on­der­steu­ning. Hy het sy spreek­beurt af­ge­sluit met die woor­de: “Hoop is ‘n droom wat aan­hou, al word jy wak­ker.”

Voor­ma­li­ge S­pring­bok-rug­by­af­rig­ter en per­soon­li­ke vriend van Bur­re, Pie­ter de Vil­liers, het op­bou­en­de en po­si­tie­we raad ge­gee: “Moe­nie met an­der men­se kom­pe­teer nie. Wees die bes­te jy wat jy kan wees. As jou pro­ble­me gro­ter as jy is, gre­at, dan lig dit jou om be­ter te wees.”

‘n Ge­slaag­de wyn­vei­ling het plaas­ge­vind en wen­ners van aan­bie­din­ge het die i­tems te­rug­gee so­dat dit weer op­ge­veil kon word.

Die be­son­de­re sang­ta­lent van Pier­re Ros­souw as­ook die saam­kui­er en aan­ge­na­me ver­sna­pe­rin­ge het van die aand ‘n be­son­de­re ge­leent­heid ge­maak.

Vol­gens Bur­ger, word dit al­les moont­lik ge­maak deur ge­wo­ne men­se wat ge­hoor­saam aan God is.

Bur­re Bur­ger, stig­ter van Droog­te­hulp SA. Bur­re Bur­ger, Jo­hann Mul­ler en Pie­ter de Vil­liers saam met An­dré van der West­hui­zen en Lo­ret­te Grob­be­laar en hul Su­pa-Quick-span en Er­nie Ja­cobs en sy Nis­san-span. Die gas­te het die aand ter­deë ge­niet.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.