Ver­val­le hui­se ver­der ge­plun­der

Mossel Bay Advertiser - - Polisie | Police - Cor­nel­le Car­stens

Die Da Ga­mas­kop-po­li­sie on­der­soek ver­skeie huis­braak­sa­ke na aan­lei­ding van ei­en­dom­me in See­meeu Vlug wat toe­ne­mend deur boos­doe­ners ge­plun­der word.

"Mees on­langs is drie nu­we huis­braak­sa­ke ge­rap­por­teer," be­rig die kom­mu­ni­ka­sie­be­amp­te van die Da Ga­mas­kop-po­li­sie, kapt Wol­lie Fou­rie. "Groot ska­de word aan­ge­rig aan die hui­se wat reeds ont­ruim is om­dat dit on­be­woon­baar ge­word het van­weë struk­tu­re­le ska­de."

Vol­gens kapt Fou­rie word daar ver­al ko­per­pye en ge­y­sers uit die struk­tu­re ver­wy­der en het boos­doe­ners selfs so­ver ge­gaan om 'n stoof uit die on­be­woon­de een­he­de te breek.

"Drie ver­dag­tes is deur 'n po­li­sie­lid ge­ar­res­teer waar hul­le op die pla­fon van 'n on­be­woon­de een­heid be­sig was om 'n ge­y­ser uit te haal."

Kap­tein Fou­rie sê dat die ten­dens al­ler­han­de on­ge­wens­te e­le­men­te na die a­rea lok, wat ook tot an­der ti­pes mis­daad kan lei.

"Ons is reeds be­sig om nu­we ak­sies te loods in sa­me­wer­king met die buurt­wag in sek­tor 2."

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.