Wer­kers ver­kla boer

Mossel Bay Advertiser - - Polisie | Police -

Die po­li­sie op Groot-Brak­ri­vier on­der­soek 'n saak wat ge­maak is teen 'n 22-ja­ri­ge boer wat na be­we­ring ras­sis­tie­se op­mer­kings teen­oor sy werk­ne­mers maak.

Vol­gens die kla­er noem die boer sy wer­kers na­me en het hy na be­we­ring al by 'n ge­leent­heid die wer­kers in Ge­or­ge af­ge­laai son­der om hul­le weer te gaan haal. Die om­stan­dig­he­de van die voor­val is eg­ter nie be­kend nie.

Die woord­voer­der van die po­li­sie­sta­sie, kst Lau­ri­an­ne Bo­tha het be­ves­tig dat 'n saak teen die boer ge­maak is. Die kla­er het in­tus­sen eg­ter aan­ge­dui dat hy die saak wil te­rug­trek.

"On­ge­luk­kig is die saak reeds ge­maak en is die po­li­sie nie by mag­te om die saak te­rug te trek nie. Die staats­aan­kla­er sal moet be­sluit of die ver­dag­te ver­volg sal word of nie."

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.