Kuns­ma­ti­ge-in­tel­li­gen­sie (KI) in ons mo­der­ne le­wens

Mossel Bay Advertiser - - Briewe | Letters - Ros­souw von Solms

In die vo­ri­ge ar­ti­kel het ek ver­dui­de­lik dat kuns­ma­ti­ge-in­tel­li­gen­sie (KI) hoof­saak­lik re­ke­naar­pro­gram­me is wat ge­pro­gram­meer word om in­lig­ting te ver­sa­mel, dit te ge­bruik in ‘n al­go­rit­me en dan ‘n voor­spel­ling te maak, ‘n be­sluit te neem of ‘n ak­sie te be­werk­stel­ling.

Hier­die week wil ek ‘n klom­pie voor­beel­de wat ons daag­liks te­ë­kom kort­liks be­spreek.

Die­ge­ne van ons wat slim­fo­ne ge­bruik, maak daag­liks ge­bruik van KI. Die mees­te slim­fo­ne maak ge­bruik van in­ge­bou­de "slim as­sis­ten­te" wat KI ge­bruik. A­lexa (A­ma­zon), Si­ri (Ap­ple) en Bix­by (Samsung) is maar ‘n paar voor­beel­de van sul­ke slim as­sis­ten­te wat jou slim­foon er­va­ring pro­beer ver­be­ter. Ver­der, jou slim­foon se ka­me­ra ‘her­ken’ die ag­ter­grond wan­neer jy ‘n fo­to wil neem en maak self se­ke­re ver­stel­lings om be­ter fo­to's te neem.

Aan­lyn-ad­ver­ten­sies maak ge­bruik van KI.

Wan­neer jy pro­duk­te soek op die in­ter­net, of op die web­wer­we van aan­lyn win­kels, word jou soek­tog­te en waar­na jy soek ge­stoor en ver­werk.

Jy sal baie vin­nig aan­lyn­ad­ver­ten­sies ont­vang van soort­ge­ly­ke pro­duk­te. Dus, die ad­ver­ten­sie­we­se maak baie ge­bruik van KI om aan­lyn­ad­ver­ten­sies aan jou per­soon­lik jou te stuur om­trent pro­duk­te waar­in jy sou be­lang­stel, ge­skoei op jou on­lang­se soek­tog­te.

Die bank­we­se maak ook ge­bruik van KI om jou aan­lyn­bank­diens­te te pro­beer be­vei­lig. Re­ke­naar­pro­gram­me soek voor­du­rend deur ‘n mag­dom e­lek­tro­nie­se da­ta vir ab­nor­ma­le of on­ge­wo­ne tran­sak­sies. Dus, die bank mag jou kon­tak in­dien daar skie­lik ‘n tran­sak­sie van­uit ‘n an­der land op

jou bank­kaart ge­koop word. Of, in­dien jy in die og­gend in Mos­sel­baai iets koop en in die mid­dag in Dur­ban mag die bank­stel­sels se KI op­tel dat iets in nie pluis nie en die bank mag jou dalk kon­tak om te hoor wat die ge­val is. Die KI van die bank­sel­sels kyk ge­du­rig uit vir bui­ten­ge­wo­re tran­sak­sies om be­drog te help te­ë­werk.

Nog ‘n voor­beeld waar KI bin­ne­kort groot in­vloed gaan hê is "slim mo­tors" wat hul­self be­stuur. Die mo­tor­ver­vaar­di­ger Te­sla het al meer as 50 000 mo­tors in A­me­ri­ka ver­vaar­dig. Hier­die se­mi-ou­to­no­me mo­tors gaan bin­ne­kort ten vol­le ou­to­noom wees en geen be­stuur­der be­no­dig nie. Ver­der, hier­die Te­sla mo­tors is ge­kop­pel aan me­kaar en dit wat een mo­tor "leer" word ge­deel met die an­der mo­tors.

So kan ons aan­gaan met nog ve­le voor­beel­de van hoe KI ons le­wens reeds be­ïn­vloed en bin­ne­kort baie meer gaan be­ïn­vloed.

Vol­gen­de keer wil ek skryf oor die e­tie­se sy van KI.

E­ni­ge le­ser wat e­ni­ge nie-teg­nie­se vrae het om­trent vei­lig­heid in die ku­ber­wê­reld, is wel­kom om my te kon­tak by ros­souw. von­[email protected]

* Prof Ros­souw von Solms is 'n e­me­ri­tus pro­fes­sor en lid van die Sen­trum vir Na­vor­sing in In­lig­ting en Ku­ber­se­ker­heid aan die Nel­son Man­de­la U­ni­ver­si­teit.

Prof Ros­souw von Solms

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.