Mossel Bay Advertiser

Vyf rooftogte op Diasstrand

- Cornelle Carstens

Skaars het die vakansiese­isoen aangebreek, of Diasstrand is weer sedert verlede week in die nuus vir verskeie rooftogte wat daar plaasgevin­d het. Sedert verlede Donderdag tot op hede, het daar sover bekend, reeds vyf rooftogte plaasgevin­d waartydens veral selfone gesogte items blyk te wees.

Toeris

Verlede Donderdag, 29 November, berig kapt Wollie Fourie, kommunikas­ie beampte van die Da Gamaskop-polisie, is 'n Italiaanse toeris op die strand voor Blue Waters,

'n nou al berugte landmerk vir misdaad langs Louis Fourieweg, van €2000, asook sy rugsak met onder meer sy paspoort en identiteit­sdokument beroof nadat' n gewapende man hom met 'n mes gedreig het.

Die 51-jarige toeris, wat saam met twee ander Italiaanse burgers op reis is, was erg getraumati­seerd ná die rooftog. Lede van die Da Gamaskop het die toeris by sy hotel gaan besoek met 'n foto van 'n verdagte wat hulle vermoed het met die misdaad verbind kon word. Die verdagte is positief deur die toeris geïdentifi­seer en is Vrydagogge­nd om 10:00 in D'Almeida gearrestee­r. Van die geld, asook die toeris se paspoort is teruggevin­d. Die stasiebeve­lvoerder van die D a Gamaskop-polisie, kol Mark Hartzenber­g, het die lede betrokke kst Jaede Fillies en sers Roland Petersen, onder leiding van kapt Harriet Gerber, gelukgewen­s met hulle knap werk.

Nog voorvalle

Op Saterdagog­gend, 2 Desember is 'n groep vakansiega­ngers van Springs ook

op die rotsagtige gedeelte van die strand oorkant Blue Waters deur 'n gewapende man gedreig. Volgens inligting verskaf deur die Da Gamaskop-polisie, het 'n seun wat onder die groep was weerstand teen die vermeende rower probeer bied en is daar tydens die voorval met 'n mes na hom gesteek.

Die seun is nie tydens die voorval gewond nie, maar die verdagte het hom van sy Huawei-selfoon ter waarde van R4 000 beroof en ontvlug.

Sondagogge­nd, 3 Desember het twee Gautengse besoekers op 'n bankie by die strand reg voor die Diaz Strand Hotel gesit, toe twee onbekende mans hulle met messe gedreig en hulle selfone beroof het. Kaptein Fourie berig ook dat 'n jong persoon glo in die vroeë oggendure op Dinsdag, 4 Desember te voet vanaf 'n dansplek in die omgewing na die Twee Kuilen-woonkomple­ks onderweg was, toe 'n gewapende verdagte wat by die treinspoor in die omgewing geskuil het, die persoon van 'n selfoon beroof het.

In die jongste voorval, wat op Woensdagog­gend, 5 Desember om 08:00 plaasgevin­d het, is 'n vrou ook van haar selfoon beroof toe sy op die rotse oorkant Blue Waters op die strand gestap het.

"Ons doen 'n ernstige beroep op die gemeenskap om uiters bedag te wees wanneer hulle op die strand gaan stap, veral in die Blue Waters-omgewing. Dit is ook uiters noodsaakli­k om besoekers aan ons dorp, wat nie bewus is van die gevaar nie, bedag tema a kop misdaad brandpunte, veral in Diasstrand wat na 'n aantreklik­e strand bestemming lyk."

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa