Mossel Bay Advertiser

Ek is tevrede, meen Diaz se uittredend­e hoof

- Cornelle Carstens

Na 24 jaar as skoolhoof, is dit moeilik om jou die 2019-skooljaar in te dink sonder dat meneer Granville Briesies die leisels by Diaz Primêre Skool vat. Maar na 40 jaar in die onderwys, hoofsaakli­k verbonde aan dié skool, volg hy kort op sy ewe bekende vrou, Chantal, voormalige skoolhoof van Hoërskool Sao Bras, wat in Oktober afgetree het, se hakke.

Eintlik, vertel hy, sou hulle in 2016 al uittree, maar vanweë die skool se bouprojek wat na sy jarelange insette nou uiteindeli­k einde se kant toe staan, het hy besluit om die projek eers deur te sien.

Nuwe gebou

Meneer Briesies het sedert 2002 gepoog om ‘n nuwe skoolgebou vir Diaz Primêr te verseker.

“Ek wou darem baie graag hê hierdie plankiesko­ol moet oorgebou word met stene.” Dít alleen was ‘n groot mylpaal in sy lang loopbaan. “Gedagtig aan waar baie van onse kinders vandaan kom, is dit vir my belangrik dat die kinders na ‘n leeromgewi­ng toe moet kan kom waar dit beter is. As dit hier mooi is, kan ‘n mens vir die kind ook oordra dat hy of sy kan droom van iets beters vir homof haarself. Vir my was dit ‘n geestespro­jek. Ek is tevrede.”

Diaz Primêr het gedy onder mnr Briesies se leierskap. As die derde skoolhoof in die skool se bestaan, wat die onderwysst­elsel vóór en ná demokrasie as leier te kon beleef, glo hy dat hy die goed en die sleg van beide stelsels ervaar het. Hy glo stabilitei­t in die skool se topstruktu­ur, was behoudend.

“Kernwaarde­s by Diaz Primêr is selfbeheer­sing, selfrespek, selfdissip­line, selftrots en dankbaarhe­id. Dit is deel van ons waarneemba­re kultuur by die skool. Sonder ‘n unieke kultuur en karakter is ‘n skool dood.”Hy sê dat hy besonder geseënd was met die kwaliteit van opvoeders op sy personeel. “Ek kan met trots sê dat die opvoeders hier in die beste belang van onse kinders optree. Niemand is hier vir julle eie onthalwe nie.”

Gemeenskap­sleierskap

Bo en behalwe sy toewyding aan Diaz Primêr, het mnr Briesies sy merk in die gemeenskap gemaak. Hy was instrument­eel, as die jong voorsitter van die D’Almeidaspo­rtraad om in die tagtigerja­re te onderhande­l om die D’Almeida-stadion te help ontwikkel tot die fasiliteit wat vandag daar bestaan. Verder het hy hom beywer vir die oprig van ‘n binnenshus­ie sportsentr­um wat vandag ‘n multi-funksionel­e doel dien in Uitbreidin­g 23. Hy was ook ‘n bestuursli­d van die destydse Sportskool, wat suksesvol oorgedra is aan Hoërskool Punt onder die nuwe naam die Arthur Johnsonspo­rtweek. Meneer Briesies is ook sedert die beginjare van die Sussex-krieketklu­b, betrokke by die bestuur en is later as erepreside­nt verkies.

Van sy grootste nalatenska­ppe, is die stigting van die Mosselbaai-prinsipale­assosiasie. “Ek het baie besluite in my lewe geneem, waarvan hierdie een van die bestes was.”

In 2014, gedagtig aan die veranderin­ge en uitdagings van die onderwys, vat die gedagte pos om ‘n ruimte te skep waar skoolhoofd­e mekaar as klankbord kan gebruik. In 2015 is die Mosselbaai-prinsipale­assosiasie gestig. Die assosiasie dien ook as ‘n platform vanwaar gesamentli­ke kwessies met die onderwysde­partement opgeneem kan word. “Ons is ‘n diverse groep wat al soveel uit mekaar se ervaring geput het. Ek kan met oorgawe sê dat ons nie meer kollegas is nie, maar vriende geword het.” Van Wyk Dames, skoolhoof van Milkwood Primary neem nou die plek in die voorsitter­stoel in.

Rustyd

Na al die jare in die onderwys en ook as gemeenskap­sleier, wil hy nou tyd aan sy gesin teruggee. Hy en sy vrou, Chantal sien uit om te reis, gholf te speel en hy hou boonop van visvang. “Ek en sy sal nooit stilsit nie,” meen hy.

 ??  ?? Meneer Granville Briesies tree na 24 jaar as skoolhoof van Diaz Primêre Skool uit die onderwys.
Meneer Granville Briesies tree na 24 jaar as skoolhoof van Diaz Primêre Skool uit die onderwys.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa