Mossel Bay Advertiser

Rustyd vir skoolhoof na bykans 40 jaar diens

-

Na 39 jaar in die onderwys, lê Ronald Steenberg die tuig neer in Desember vanjaar.

As oudleerder van Mosselbaai EK Primêre Skool, waar hy skoolhoof was tot en met sy aftrede vanjaar, was hy een van die eerste matrikulan­te wat in 1976 aan die Hoërskool Sao Bras gematrikul­eer het.

Hy studeer aan die Onderwysko­llege Dower in Port Elizabeth, asook die Onderwysko­llege Suid-Kaapland in Oudtshoorn, waar hy sy Primêre Onderwysdi­ploma behaal.

Sy onderwyslo­opbaan begin in 1979. Hy word in 1988 aangestel as skoolhoof aan ‘n landelike skool, Vogelvlei EK Primêr.

Meneer Steenberg begin in 1996 weer deeltyds studeer en verwerf in 1997 sy Hoër Onderwysdi­ploma in Onderwysbe­stuur aan die PE Technikon.

Hy studeer verder en verwerf in 1998 ‘n B Tech-graad in Onderwysbe­stuur, ook in Port Elizabeth.

In 1999 sluit die landelike skool Vogelvlei sy deure en word mnr Steenberg oorgeplaas na Mosselbaai, waar hy in Julie 1998 permanent as skoolhoof aangestel is by Mosselbaai EK Primêr. Hier trap hy diep spore in die gemeenskap.

Die skool dien steeds as ‘n ware dienssentr­um vir nie net die ouers van leerders nie, maar ook die breër gemeenskap.

As skoolhoof, was mnr Steenberg altyd bereid om die gemeenskap te help ondersteun.

Sy uittrede laat ‘n groot leemte, maar hy word ‘n welverdien­de aftrede toegewens.

Meneer Steenberg dien tans op die bestuur van die All Saints-kerkraad en is ook die afgelope agt jaar reeds ‘n lekepredik­er vir die gemeente.

Hy het voorheen op die raad van trustees in die bisdom van George gedien en is voornemens om na sy aftrede sy betrokkenh­eid by die kerk voort te sit.

 ?? Foto: Cornelle Carstens ?? Meneer Ronald Steenberg tree uit die onderwys, maar sal steeds betrokke wees in die gemeenskap.
Foto: Cornelle Carstens Meneer Ronald Steenberg tree uit die onderwys, maar sal steeds betrokke wees in die gemeenskap.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa