Mossel Bay Advertiser

Gestremde vrou se Kerswens word waar

- Cornelle Carstens

Die Punt in Mosselbaai is sinoniem met ‘n verkwikken­de seebries, die see se kenmerkend­e reuk en natuurlik, ‘n roomys. Maar nie almal, selfs diegene wat in Mosselbaai bly is altyd in die posisie om hierdie voorreg te kan geniet nie.

Dinsdagogg­end 4 Desember, het die Mosselbaai-tak van Solidarite­it Helpende Hand egter ‘n gestremde, bedlêende vrou se Kerswens bewaarheid deur vir haar ‘n uitstappie na die Punt te reël, waar sy ‘n Steri Stumpie saam met haar suster kon gaan geniet. Allison Williamson het onlangs 40 jaar oud geword. Sy is in 2009 opgeneem in Ons Huis, een van die ACVV Seebries-tehuise.

Volgens haar suster, plaaslike prokureur Fiona Williamson, ly Allison aan ‘n ongediagno­seerde breinkondi­sie. “Sy kan nie beweeg nie. Sy kan nie eens self ‘n vlieg van haar gesig af waai nie. Sy eet nie self nie en kry binne-aarse voeding.” Tydens Dinsdag se uitstappie, het Fiona haar sussie liefderyk ‘n Steri Stumpie vanuit ‘n inspuiting gevoer. Ally, soos sy bekend is, is mal oor ‘n Steri Stumpie wanneer dit bietjiesbi­etjies op ‘n slag op haar tong gespuit word.

“By Solidarite­it Helpende Hand is ons fokus kinders, bejaardes en gestremdes en ons het ‘n projek waartydens ons Kerswense uit die gemeenskap bewaarheid,” verduideli­k Marlise Labuscagne van Solidarite­it Helpende Hand.

“Ons het ‘n Kerswens ontvang van die ACVV Seebries-tehuis se bestuurder. Dit was hulle grootste wens om Ally op ‘n uitstappie strand toe te vat.”

Volgens Marlise, was die uitstappie vir Fiona eweneens ‘n aangename verrassing, aangesien alles sonder haar medewete in plek gesit is.

By Grace-ambulansdi­ens het dadelik ingewillig om Ally te vervoer. “Toe ons gevra is om hierdie unieke projek aan te pak om ‘n dametjie vir so ‘n uur lank see toe neem nadat sy agt jaar gelede by die see was, het ons onmiddelli­k ja gesê. Dit is vir ons ‘n groot voorreg om deel te wees van hierdie projek,” was Juan Barnard, eienaar van By Grace se kommentaar.

“Al lê sy met haar oë toe, weet ek sy geniet dit terdeë. Baie dankie aan almal wat haar so bederf het vandag,” het Fiona afgesluit.

Foto: Cornelle Carstens

 ??  ?? Personeel van By Grace-ambulansdi­ens het gehelp om Ally se eerste uitstappie see toe in agt jaar moontlik te maak.
Personeel van By Grace-ambulansdi­ens het gehelp om Ally se eerste uitstappie see toe in agt jaar moontlik te maak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa