Mossel Bay Advertiser

Mosselbaai se geskiedeni­s herleef

- Christo Vermaak

Staaltjies uit Mosselbaai en omgewing se geskiedeni­s is op DVD en in ‘n boek vasgelê.

Anroux Marais, Wes-Kaapse minister van kultuursak­e en sport het Maandag, 3 Desember Charles Theunissen se boek, Die kinders van Tarka en elders, bekendgest­el. Die program was deel van die minister, die Wes-Kaapse Biblioteek­diens en die Mosselbaai-munisipali­teit se mondelinge geskiedeni­sinisiatie­f. As deel van die inisiatief is kopieë van die boek, DVD’s met onderhoude oor Mosselbaai se geskiedeni­s, geskiedeni­splakkate, en bemarkings­materiaal aan al die omliggende biblioteke en ander rolspelers oorhandig. Die boek kan nou uitgeneem word by ‘n biblioteek in jou omgewing. Dit is ook in boekwinkel­s beskikbaar waar meer as 400 kopieë reeds opgeraap is.

Minister Marais het aan die gaste gesê, “as enige persoon afsterwe gaan ‘n groot stuk geskiedeni­s daarmee heen.”

Sy het mense aangemoedi­g om deel te raak van die mondelinge geskiedeni­sinisiatie­f en sodoende die erfenis te help bewaar en daarop voort te bou.

Theunissen het tydens die boekbekend­stelling gesê sy opvolgboek oor Mosselbaai se geskiedeni­s is reeds in ‘n gevorderde stadium.

Die boek sal veral fokus op die dorp se vissermann­e wat die broodwinne­rs in die ou dae was.

Foto: Christo Vermaak

 ??  ?? Skrywer Charles Theunissen en minister Anroux Marais.
Skrywer Charles Theunissen en minister Anroux Marais.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa