Mossel Bay Advertiser

Omgee red skilpad

-

Daar is nog mense wat omgee, wat bereid is om die tweede myl te loop om tot ander se redding te kom. Hierdie stelling is weer bewys to Quintin Groenewald van Uitbreidin­g 13 hom oor die lot van ‘n skilpad ontferm het.

Quinton het die groot skilpad by inwoners van die gebied gekry en was bang dat oningeligt­e mense dit skade kan aandoen. Hy het op Fred Orban se spoor gekom, wat hom gevra het om die skilpad veilig te hou tot Sondagogge­nd sodat dit afgehaal kon word.

“Quintin het ongeveer 20 jaar gelede by Mossel Bay Environmen­tal Partnershi­p (MEP) aangesluit. Hy was ook lid van die Green Club, van een van die voorste kettingwin­kelgroepe.

Sy blootstell­ing destyds aan die belangrikh­eid van die behoud van die natuurlike omgewing bly hom tot vandag nog by en hy het onmiddelli­k besef dat die arme skilpad dalk ‘n onsekere toekoms sou hê indien hy in onsimpatie­ke hande sou val,” berig Orban. “Quintin het weer eens bewys dat kennis, opvoeding en blootstell­ing aan die broosheid van die natuur noodsaakli­k is die behoud van ‘n gebalansee­rde en gesonde omgewing.”

‘n Aantal jong kinders, sy eie en andere, het die reddingspr­oses intens gevolg. “Ook hulle het nou ‘n belangrike les oor bewaring geleer, want hulle was aanvankik baie bang vir die vreemde wese wat so erg kan blaas, maar het gou meer aan hom geheg geraak,” aldus Orban.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa