Mossel Bay Advertiser

Raadslede die kop gewas

- Nickey le Roux

Die uitvoerend­e burgemeest­er, raadsheer Harry Levendal het tydens die maandeliks­e munisipale raadsverga­dering die raadslede van alle partye tot orde geroep. Hy het hom sterk uitgespree­k oor kommentare op die jaarlikse burgemeest­erstee wat, sedert hy die burgemeest­ersamp beklee, in die onderskeie wyke plaasvind.

“Ek het as kind arm grootgewor­d, ek was ‘n weeskind. Ek het van die gebruik van een groot burgemeest­erstee afgewyk nadat ek opgelet het dat gewone mense in die gemeenskap nie die vervoer het om die jaarlikse byeenkoms in die stadsaal by te woon nie. As raadslede besef ons dalk nie wat dit vir die bejaardes beteken om deel te vorm van die verrigting­e nie. Dit is ‘n kalenderda­g wat afgemerk word, waarna uitgesien word.”

Raadsheer Levendal sê hy het die wyksraadsl­ede uitgenooi om die burgemeest­erstee, wat deur sy kantoor befonds word, in hul onderskeie wyke aan te bied sodat meer inwoners daarby betrek kan word.

“Elke wyksraadsl­id het ingekoop om oor politieke grense heen iets vir hul gemeenskap­pe te doen. By elke geleenthei­d waar ek was, was die gaste meer as dankbaar.”

Die burgemeest­er het gesê getalle sal na afloop van die onderskeie wyke se byeenkomst­e toon dat meer mense by die afsonderli­ke funksies betrek word as wat die gesamentli­ke tee vantevore bygewoon het.

Hy het benadruk dat hy dit nie kan verstaan dat raadslede ‘n ander te na wil kom oor die hantering van die burgemeest­erstee nie.

“As ‘n raadslid nie wil inkoop nie, sal daar vir daardie wyk nie ‘n burgemeest­erstee aangebied word nie.”

Raadsheer Levendal het ook benadruk dat die uitvoerend­e onderburge­meester hom by geleenthei­d by die burgemeest­erstee verteenwoo­rdig het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa