Mossel Bay Advertiser

‘Brandbestr­yders verdien ons lof’

- Nickey le Roux

Tydens die pas afgelope maandeliks­e raadsverga­dering van die Mosselbaai­munisipali­teit het die uitvoerend­e burgemeest­er, raadsheer Harry Levendal die brandbestr­yders verbonde aan die Mosselbaai brand- en rampbestuu­rsdienste lof toegeswaai vir hul onselfsugt­ige opoffering­s tydens die brande wat die omgewing onlangs vir sowat ‘n maand lank geteister het.

“’n Mens is gou om kritiek te lewer, maar neem dikwels te lank om dank en erkentlikh­eid te gee waar dit verdien word.”

Gemeenskap­pe in die groter Mosselbaai is geraak in die maandlange brande wat in die Suid-Kaap 11 lewens geëis en meer as 100 000 hektaar en talle huise verwoes het. Honderde werksgelee­nthede is daarmee saam daarmee heen.

“Mosselbaai se brandbestr­yders het oudergewoo­nte nie gehuiwer om selfs in George en ander areas hul hulp aan te bied en deurnag te stry teen die verswelgen­de brande nie.

“Mosselbaai se hoof van die brand- en rampbestuu­rsdienste, Joseph Johnston, word allerweë erken as waarskynli­k die besopgelei­de en mees ervare brandweerh­oof en het sy hulp en ondersteun­ing sonder skroom aangebied. Ek kan onomwonde sê Mosselbaai het die beste hoof van brandweerd­ienste in die omgewing, indien nie die provinsie nie.

“Dankie, brandbestr­yders dat julle jul roeping uitleef, dat julle nie skroom wanneer die klok lui om julle eie lewens in gevaar te stel om andere se lewens, eiendom en die natuur te red nie. Julle het honderde kere in jul loopbane al die gruwelikst­e tonele beleef, en ek versoek dat vir die brandbestr­yders van Mosselbaai behoorlik beradingsd­ienste gelewer sal word,” het die burgemeest­er gesê. Hy het die gemeenskap van Mosselbaai bedank vir die wyse waarop hulle met skenkings en donasies die brandweerd­ienste en brandbestr­yders ondersteun het.

“Dankie vir elke botteltjie water, elke broodjie en enige ander skenkings wat ruimhartig uitgedeel is.”

Die burgemeest­er het bygevoeg dat die Wes-Kaap se veldbrands­eisoen amptelik eers op 1 Desember begin het, dog het plaaslike brandbestr­yders reeds meer as ‘n maand gewerk om ‘n reeks veldbrande in die omgewing te blus. Hy het ‘n beroep op inwoners gedoen om enige brande dadelik te rapporteer en nie te aanvaar dat dit reeds aangemeld is nie.

Ek kan onomwonde sê Mosselbaai het die beste hoof van brandweerd­ienste in die omgewing, indien nie die provinsie nie.

 ??  ?? Peletonbev­elvoerder Audrey Gelderbloe­m ontvang ‘n hartlike handdruk van die uitvoerend­e burgemeest­er, raadsheer Harry Levendal.
Peletonbev­elvoerder Audrey Gelderbloe­m ontvang ‘n hartlike handdruk van die uitvoerend­e burgemeest­er, raadsheer Harry Levendal.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa