Mossel Bay Advertiser

CBS ‘n Klinkende sukses

-

Die bekwame en lojale span van Wimpie en Anneline Germishuys van CBS Bodyworks is bekend vir hul uitmuntend­e diens en is in 2018 beloon met toekenning­s waarop hulle baie trots is.

Hulle het die eerste plek in die Suid-Kaap verower deur die 2018 Annual Body Repair Award van Isuzu te ontvang. Nasionaal bevind hulle hulself onder die top 10 paneelklop­pers en is vir die 2018 Overall Best Panel Beater in South Africa-kategorie, in die derde plek geplaas – ‘n uitstekend­e prestasie as in gedagte gehou word dat die groot sentras soos Gauteng deelneem. In die Wes-Kaap is hulle in die tweede plek, beslis nog ‘n uitstekend­e prestasie. Hierdie toekenning­s is ontvang ten spyte van die brand wat vroeër vanjaar die een verflokaal vernietig het. Die brand was ‘n fratsongel­uk en niemand is beseer nie en alle dienslewer­ing het normaal aangegaan omdat die toegewyde span ekstra ure ingesit het om die werk te doen. Ses-en-twintig jaar gelede het Wimpie Germishuys saam met sy pa, Willie en sy vrou Anneline, die ondernemin­g begin. Daar was slegs 'n verder drie personeell­ede en slegs die basiese toerusting.

Vandag, 26 jaar later, spog hierdie familiebes­igheid waarin Wimpie, Anneline, hulle seun Hardus en dogter Janeale deel het, met sowat 23 personeel en al die jongste tegnologie en jarelange ervaring wat nodig is om ‘n kwaliteit diens in Mosselbaai en aan omliggende areas te voorsien.

CBS Body Works het 11 goedkeurin­gs van voertuie wat onder waarborg is om paneelklop­per werk uit te voer en werk nou saam met al die versekerin­gsmaatskap­pye met wie daar ook deur die jare uitstekend­e verhouding­s opgebou is.

Die Germishuys-familie bedank elke kliënt, versekerin­gmaatskapp­y en makelaar vir getroue ondersteun­ing deur die jare. Hul wil ook al die personeell­ede bedank vir hul getroue diens. Hulle wil voortbou op goeie diens en sal strewe daarna om by te hou met moderne tegnologie in die bedryf en die toepassing van familiewaa­rders.

"Laaste groot dank aan ons Hemelse Vader!"

 ??  ?? Die bestuurspa­n van CBS Bodyworks is Wimpie, Anneline, Hannes, Janeale, Annale en Hardus.
Die bestuurspa­n van CBS Bodyworks is Wimpie, Anneline, Hannes, Janeale, Annale en Hardus.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa