Mossel Bay Advertiser

Plett Rage 2018 gaan hom nie sien nie

- (www.dsgielie.net)

Ds Gielie Joubert, skryf:

“Waar wil Oom sit?” vra hy vriendelik toe ek die restaurant binnestap. “Sommer net hier,” sê ek en sak neer op die naaste stoel. “Wat kan ek vir Oom bring?” vra hy.

“Ek soek ‘n unleaded Coke asseblief.”

“Haai Oom ek is verskrikli­k jammer, maar ons het geen Coke Zero meer nie.”

“Hoe so?” vra ek gemaak verontwaar­dig. Hy probeer ‘n verskoning uitstamel en ek help hom ook nie juis uit sy verleenthe­id nie.

Ek kyk hom vas in die oë en sê met ‘n kwaai frons sê ek: “Julle is besig om my konstitusi­onele reg aan te tas. Ek wil unleaded Coke hê!”

Hy wil eers skrik, maar toe ek glimlag, kom hy agter ek grap maar net. Toe lag hy hartlik saam en gaan haal vir my ’n Coke Light, ‘n goeie plaasverva­nger van Coke Zero.

Ons raak aan die gesels. “How’s business?” vra ek.

“Goed,” sê hy. “Ek het gister matriek klaar geskryf en vandag doen ek kelnerwerk.”

Die jong seun is ‘n reus. Hy toring bokant my tafeltjie uit. Helderblou oë, oop, skoon gesig, vriendelik.

“Hoe is dit dan dat jy nie by die Plett Rage is soos baie van jou maats nie?” vra ek.

“Nee wat oom ek stel nie daarin belang nie. Ek wil eerder kom geld verdien die vakansie want ek wil Spanje toe gaan vir ‘n gap-jaar. Van Spanje af wil ek en my meisie sommer Europa verder leer ken. Sy is op die oomblik op ‘n bootrit saam met twee vriendinne. Sodra sy terug is gaan ons ‘n bietjie rondry en kuier. Dalk gaan ons bietjie Kaap toe ry en so aan maar ons vat dit rustig.”

Ek vra hom verder uit. Hy vertel trots van sy ma wat haar eie koffiewink­eltjie bestuur in die dorp. Ek onthou dat ek haar daar gesien het, vriendelik en hardwerken­d.

“En jou Pa?” vra ek. “Oom hy is ‘n handyman. Sy hande staan vir niks verkeerd nie. Hy help in die winkel as iets stukkend is en maak ander mense se goed reg wat gebreek is,” sê hy trots.

“Wat gaan jy doen na jou gapjaar?” vra ek vir Wian, my nuwe vriend. “Ek wil stadsbepla­nning studeer en my meisie regte. Sy wil spesialise­er in kinderreg en huweliksre­g soos egskeiding­s en sulke goed.”

Ek is beïndruk. Hierdie jong man se ouers het iets reg gedoen in sy opvoeding. In teenstelli­ng met baie van sy mede matriek u la n te is hy gemotiveer­d, positief en glimlag hy vir die lewe.

Ek dink by myself, daar is seker niks verkeerd om te rage as jy dit met matigheid doen nie. Maar volgens statistiek gaan vele matrieks van Plett Rage (en ander uithangple­kke) af terugkom, moeg en suf gepartytji­e. Dalk ook nog vol blou kolle, ‘n hangover en ‘n geskende reputasie.

Bowendien is daar nog baie tyd om te rage in die toekoms. maar min tyd om geld bymekaar te maak vir jou eie droom as jy nie ryk ouers het nie. Paulus het gesê “Koop die tyd uit omdat die dae boos is...”

Wie weet hoeveel tyd het ons nog?

Wian is ‘n inspirasie. He is going places - soos die jongmense sê. Saam met so ‘n kêrel moet ek beslis ‘n selfie neem.

 ??  ?? Ds Gielie Joubert saam met sy nuwe vriend, Wian.
Ds Gielie Joubert saam met sy nuwe vriend, Wian.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa