Mossel Bay Advertiser

Besorg oor beplande chemiese aanleg

-

PA du Plessis, skryf: Mosselbaai-munisipali­teit, in ooreenkoms met Tuinroete-distrik s munisipali­teit het erf 419 by PetroSA vir‘ n vaste afval stortings terrein geoormerk. In die Mossel Bay Advertiser (4/08/17) het PetroSA gewaarsku dat die terrein nie teen 31 Julie 2018 vir gebruik gereed sal wees nie. Mosselbaai-munisipali­teit het gewaarsku dat die tender van R1 miljoen buite bereik van ‘n “B”-munisipali­teite is.

Minister Bredell het egter gelas dat onderhande­lings voortgaan. Dus het vasteafval­pryse gestyg in November 2016, met 50% omdat die koste vir die daarstelli­ng van die streek stortings terrein van R 15 miljoen na R23,6 miljoen verhoog is.

In die 2017-begroting was 'n verdere 15 % styging.

In die Advertiser (Oktober 2018) word berig dat erf 419 PetroSA deels aangewend gaan word vir ‘n chemiese fabriek. Uitvoerend­e burgemeest­er Booysen van die Tuinroete munisipali­teit( EDEN) sê :“Wetgewing sal deurgehaas word ter wille van die die aanleg” en dat die Tuinroete-distrik s munisipali­teit in vennootska­p met Mosselbaai-munisipali­teit “gaan nie langer die wette gebruik om ontwikkeli­ngs voorstelle te belemmer nie ”.

Erf 419 behoort aan die Tuinroete distrik s munisipali­teit (EDEN) en sal ontwikkel word volgens hul verordenin­gs en beleide, en nie dié van Mosselbaai nie.

Inwoners moet waak om nie onkant gevang te word nie. Waarvoor gaan erf 419 uiteidelik aangewend word?

Burgemeest­er Booysen dreig direk die Mosselbaai­ers wat “niks” te doen het om “wat wakker te skrik”; “skielik kry hul iets om te doen - soos om beswaar te maak.”

Die advertensi­e in die Advertiser “Voorgestel­de langtermyn-huurooreen­koms van ‘n gedeelte van erf 419 Mosselbaai" verwys. Wie is die eienaar van erf 419, Mosselbaai of die distrik s munisipali­teit? Belastingb­etalers van Mosselbaai moet besware rig aan die munisipale bestuurder, mnr Stratu van die Tuinroete-munisipali­teit, waarom nie aan mnr Giliomee van Mosselbaai nie?

Ek vra die mense van Danabaai, Aslapark, KwaNonqaba en vliegvelda­rea om beswaar te maak teen die oprigting van sodanige aanleg.

Ons weet nie watse chemiese aanleg dit gaan wees nie. Dit mag nadele vir ons inhou. Onthou die kreosoot aanleg in Groot-Brak wat weens die reuke deur die destydse OD as gesondheid­sgevaar verklaar en gesluit is. Onthou die stank in Danabaai van die riool en hondekos fabriek op Mossdustri­a, die paraffienr­euke van PetroSA en die rook van die Louis Fourie-vullisterr­ein.

Dis nie net onaangenaa­m nie, dit hou gesondheid­sgevare in.

Die Tuinroete-distrik s munisipali­teit departemen­t lugemmisie was nog nie genader om insette te lewer op die beïnvloedi­ng van ‘n chemiese aanleg by PetroSA nie.

Munisipale kommentaar: Mosselbaai-munisipali­teit se woordvoerd­er, Colin Puren bevestig dat die genoemde erf nie gesoneer is vir ‘n chemiese aanleg nie en dat die plaaslike munisipali­teit nog geen aansoek om hersonerin­g ontvang het nie. Tuinroete-distrik s munisipali­teit reageer: People have the opportunit­y to send their comments or objections about the proposed long term lease of a portion of erf 419 in Mossel Bay. Erf 419 will be developed according to the regulation­s and policies of Mossel Bay Municipali­ty after the public comments or objections have been received. Other points of clarity

• The Garden Route District Municipali­ty owns erf 419.

• The notice is about the proposed long term lease of a portion of erf 419 which belongs to the Garden Route DM.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa