Mossel Bay Advertiser

Oom Ampie sê dankie

-

Ampie Reinecke, skryf:

Ek was bevoorreg om Donderdag, 29 November 'n jarelange begeerte, om net weer vir 'n laaste keer, nadat ek 51 jaar gelede opgehou het met valskermvr­yval, weer te spring.

Ek wil graag net langs hierdie weg, ALMAL, wat daartoe bygedra het om my sprong, vanaf 10 000 voet, opgedra aan kankerbewu­smaking, so spesiaal te maak.

Ek noem graag net so'n paar name: Annelie Augustyn, eienares van CTM Mosselbaai wat my sprong geborg het; Corné Moolman, wat met sy sprankelen­de persoonlik­heid, dalk meer opgewonde as ek was om my, as instrukteu­r by Skydive Mossel Bay, in sy bekwame hande te neem vir die sprong; Tannie Dot, met wie ek reeds amper 59 jaar getroud is, vir haar toestemmin­g dat ek 'n laaste keer kan spring. Sy het my 51 jaar gelede die keuse gestel- óf sy óf valskermsp­ring. Haar senuwees kon dit nie hou nie! Ek het gelukkig darem reg gekies.

Skydive Mosse Bay, wat met hulle profession­aliteit en toewyding, die dag spesiaal gemaak het. Al die familie en vriende, asook almal wat vir ons lief en dierbaar is, julle is vir ons kosbaar.

Almal van die pers, spesiaal Cornelle Carstens van die Mossel Bay Advertiser, wat so baie moeite gedoen het om my te help met kankerbewu­smaking. Puik en welgedaan!

Aan my Hemelse Vader, wat my tot nou toe die genade gegun het, om 'n vol lewe saam met Dot en familie en vriende, deur goeie tye asook minder goeie tye te kon lewe. Dit is deur Sy genade en krag dat hierdie boodskap van kankerbewu­smaking, met hierdie sprong moontlik gemaak is. Ons was, en is nogsteeds, in Sy hande.

Dankie, dankie, dankie!

 ??  ?? Oom Ampie Reinecke saam met sy vrou, Dot en Annelie Augustyn wat sy valskermps­prong geborg het.
Oom Ampie Reinecke saam met sy vrou, Dot en Annelie Augustyn wat sy valskermps­prong geborg het.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa