Mossel Bay Advertiser

MARKTE / MARKETS

-

Hartenbos Boeremark

Hartenbos Boeremark met meer as 80 uitstaller­s, se volgende mark is op

8 Desember. Dit vind vanaf 08:00 tot 14:00 by die Carney-gebou op Hartenbos plaas. Daar is smullekker eetgoed en interessan­te arts and crafts-stalletjie­s sowel as ‘n vinknesver­kopingtafe­l met meer as 30 tafels vol iets van als en als van iets. Vriendelik­e uitstaller­s en jolige musiek. Navrae Charles (082 852 1773).

Dias Market

The Dias Market takes place every Saturday and Sunday from 10:00 to 15:00 (until further notice) at Dias Beach.

Mosselbaai Familie Plaasmark

Die Mosselbaai Familie Plaasmark vind elke Sondag vanaf 08:00 tot 14:00 plaas.

Die volgende mark is op Sondag, 9 Desember. Die mark is net buite Hartenbos, langs die Hartenbosr­ivier en N2. Toegang is vanaf die R102 (ou Groot Brak-pad). Die mark bied vars organiese groente, vrugte, tuisgemaak­te produkte, eetgoed en yskoue drinkgoed. Kontak Alma (082 601 9936).

Klipkerk Kerskunsma­rk

Die NG Moedergeme­ente se Kers- en kunsmark vind vanaf 13-14 Desember plaas. Kontak vir Bessie Badenhorst by die kerkkantoo­r (044 691 2465 of ngmbkant@ ngmosselba­ai.co.za).

Groot Brak Uitspanmar­k

Die volgende Groot-Brakrivier Uitspanmar­k vind op Saterdag, 15 Desember vanaf 08:00 tot 13:00 op die terrein oorkant Pick n Pay plaas. Dit is die oudste mark in die WesKaap met meer as 100 uitstaller­s en bied 'n groot verskeiden­heid liplekker kosse en ‘n snuffelsta­lletjies. Dit is die ideale plek om die regte Kersgesken­k te koop. Daar sal ook op 22 en 29 Desember markte wees. Navrae Melanie (072 837 8803 of 044 695 2331).

Mosselbaai Kerskunsma­rk

Die 14de Mosselbaai Kerskunsma­rk vind vanjaar op 17-19 Desember in die Mosselbaai­Suid NG Kerksaal, op die hoek van 15de en 17de Laan, Mosselbaai plaas en is elke dag oop vanaf 08:00-18:00. "Hierdie mark is 'n heerlike platteland­se vakansie-ervaring by die see." Vir stalletjie­bespreking­s of inligting, kontak Cecile (082 224 3865).

Datums van Aandmarkte

Aansoeke vir die Aandmarkte wat gedurende Desember op Hartenbos en Mosselbaai plaasvind, is nou oop. Vir navrae kontak Melanie (072 837 8803 of 044 695 2331) of trek aansoek van die webwerf af www.oev. co.za. Die datums van die Aandmarkte is: Mosselbaai-aandmark: Vrydag, 21 Desember Hartenbos-aandmark 1: Saterdag, 22 Desember Hartenbos-aandmark 2: Donderdag, 27 Desember

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa