Mossel Bay Advertiser

Roerende Kersfeesdi­ens

- Annerie Troskie

Arbeidsbed­iening se Kersdiens vir besighede in Mosselbaai het vanjaar op Dinsdag, 4 Desember om 08:00 by die Dias Museum plaasgevin­d.

Werkgewers en werknemers van verskeie besighede in die omliggende area het hierdie diens bygewoon. Die saal langs die Karveel was volgepak met belangstel­lendes.

Chris Smit, ‘n bekende spreker, het die program ingelui met staaltjies, waarna die openingsge­bed gevolg het. Greta Benade en die musiekvere­niging het haar man, Innes Benade begelei tydens die lofprysing.

Pastoor Fanie Ferreira van die Lede in Christus Kerk in Hartenbos Heuwels het ‘n bemoedigen­de boodskap gedeel oor hoe ons keuses onsself en ander beïnvloed.

Onder leiding van sy ma, Greta, het Erik Benade die Engelse Psalm 52 gesing. Die roerende gesang het vele harte geraak.

“Die doel van die diens is om medemense en besighede te ondersteun in die werksplek,” het Smit met die gehoor gedeel.

Ter aflsuiting het Smit diegene bedank wat die geleenthei­d moontlik gemaak het. ‘n Reuse bedanking is gemaak aan al die firmas wat die bediening ondersteun, asook aan Gerda en Paula van Rauch Gertenbach vir die versnaperi­ngs.

Pastoor Isaac Nkrumah van Ghana het die geleenthei­d afgerond het ‘n kragtige gebed, waarna almal saam gekuier en geëet het.

Foto’s: Linda

Sparg

 ??  ?? Innes Benade en op die klavier, sy vrou Greta.
Innes Benade en op die klavier, sy vrou Greta.
 ??  ?? Pastoor Fanie Ferreira
Pastoor Fanie Ferreira
 ??  ?? Greta en Erik Benade.
Greta en Erik Benade.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa