Mossel Bay Advertiser

Straatmylr­eeks bied groot opwinding

-

Opwinding vir die Bestmed Edenstraat­mylreeks is besig om op bou.

Met die inskrywing­s sover van die topatlete en -fietsryers ontvang, beloof dit om weer eens 'n pragreeks te wees. Bestmed, een van Suid-Afrika se leidende mediese hulpskemas, tree weer vanjaar as die anker- en naamborg vir dié gewilde vakansiere­eks op. Die fietsry-kermesse by die NMU George Kampus wat verlede jaar as gevolg van swak weersomsta­ndighede afgestel moes word, is weer op die program vir 2018.

Bestmed bied ook verskeie aktivering­sprogramme op van die Suid-Kaapse strande aan. Saterdag, 15 Desember op Oubaai en Donderdag, 20 Desember op Hartenbos.

Vanjaar word ook die bergfiets [MTB eliminator] en voetslaans­taptogte op die NMU program aangebied. Dit word weer onder die beskerming van die KKAF en in vennootska­p met ASWD, Eden Fietsry, NMU, Wes-Kaapse departemen­t van kultuursak­e en sport, Kovsies en die ATKV aangebied. Hierdie vennootska­p ondersteun die visie van ‘n gesonde leefstyl en as sulks is hierdie borgskap net tot voordeel van sport en gesondheid in die Eden-distrik. Dit vind plaas in Baron van Reedestraa­t op Maandag, 17 Desember. Die tweede been vind op die NMU George Kampus (Saasveld) plaas Woensdag, 19 Desember en staan bekend as die Bestmed Madibazstr­aatmyl. Die derde been vind op 21 Desember by die ATKV-terrein in Hartenbos plaas as en staan bekend as die Bestmed/ ATKV-straatmyl.

Die Vrystaatse Universite­it (Kovsies) borg weer die Grand Prix deel van die reeks. Die mans- en vroue-atleet wat die meeste punte oor die drie bene versamel, kan met die groot prys wegstap. Soos in die verlede, poog die organiseer­ders om die top myl- en 1 500m-atlete in Suid-Afrika hierheen te lok.

‘n Spesiale poging word aangewend om alle universite­it-klubs ook te nooi. In die afgelope vier jaar is nie minder as ses droommyle (sub vier minute) in die reeks gehardloop. Dit was Johan Cronje (3:52.60), Dumisane Hlaselo (3:55,71), Elroy Gelant (3:56,74), Nyongo Amos (3:55:60 en 3:52:99) en Jerry Motsau (3:59,81). Die myl-snelren op Oudtshoorn gaan beslis van die land se topfietsry­ers trek en daar word onderhande­l om die Bestmedspa­n hier te kry. Die atletiekst­raatmyle word in die volgende kategorië aangebied: subjuniors (9-13), juniors (14-19 jr), elite/ope (20-39) en 40+. Daar is ook vanjaar weer pryse vir die eerste Eden/SWD-atlete oor die wenstreep. Die fietsry-mylren (Oudtshoorn) asook die kermesse (NMU) se kategorië is sub-juniors (o/9, o/11 en o/13), juniors (o/15 en o/17); Elite (o/19, 0/23, veterane) en veterane (35- 49, en 50+). Om meer vir die vakansiebe­soekers aan die Tuinroete en Klein Karoo te bied, word saam met die NMUstraatm­yl ‘n bergfiets (MTB eliminator) asook 'n staptog aangebied. Sonder borge van formaat kan so ‘n reeks beslis nie aangebied word nie. Aanvullend tot die borge reeds genoem, is EdenFM, radio-vennootbor­g; Group Editors, media-vennootbor­g; Oudtshoorn Ford, voertuigbo­rg; Klein Karoo Internasio­naal (borg) ook aan boord.

Inskrywing­s kan op www.edenmiles.co.za gedoen word. Alle reëlings rondom die byeenkomst­e en akkommodas­ie kan ook op dié webtuiste gevind word. Vir enige navrae kontak die organiseer­ders deur www. edenmiles.co.za of skakel vir Hans van der Veen (083 462 0477) of Dave van der Walt

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa