Mossel Bay Advertiser

Sages hou afsluiting op Stilbaai

- Marius Loubser

Die vrees vir nat word het die organiseer­ders van die Suid-Kaap Sages verlede Maandag laat besluit om die beplande spel op Stilbaai vir Dinsdag, 27 November, te laat uitstel na Donderdag, 29 November. En toe reën dit dan ook toe lekker die 27ste! Almal is toe bly oor die uitstel, maar niemand berei die spelers voor op die gure suidoostew­ind wat toe die Donderdag waai nie. Maar ons ken almal gholfspele­rs - dit moet baie slegte weer wees wat hulle sal weghou.

Die Bertus Louw-trofee word elke jaar aan die Suid-Kaap Sagesspele­r oorhandig wat op die laaste Sagesbyeen­koms van die jaar die beste vaar in die IPS-kompetisie. Hierdie jaar is die trofee oorhandig aan Thys Cronjé van Stilbaai wat ongeag die tierende wind 'n rondte van 36 aangeteken het. As 'n mens kyk na die beskeie tellings van die res van die spelers, dan besef jy net hoe goed Thys moes gespeel het en hoe moeilik die ander klompie die weersomsta­ndighede moes beleef het.

Veertig spelers het opgedaag vir die uitdaging en is getrakteer met 'n lekker ontbyt by die Stilbaai-gholfklub. Die gholfbaan is in 'n pragtige toestand en ons wens almal die gholfklub 'n uiters suksesvoll­e feesseisoe­n toe. Tyd vir rus sal daar nie wees met al die vakansiega­ngers wat op die baan sal toesak nie. Baie dankie aan Gerida Hough, Corrie Steenkamp, Reinet Sheriff, Dave Gravett en Dirk Bosman vir al die organisasi­e om die dag vir almal so lekker te maak. Die volledige uitslag van die kompetisie was as volg:

1. Thys Cronje (Stilbaai) 36; 2. Bill Hart (Stilbaai) 33; 3. Walter Diedericks (Riversdal) 33; 4. Fanie Wessels (Boggomsbaa­i) 32; 5. John Brink (Stilbaai) 30; 6. Gary Ristow (Stilbaai) 30.

Naaste aan die penne is gewen deur Gary Ristow op 2/11 en Walter Diedericks op 8/17. Baie dankie aan JC Slagtery wat, soos altyd deur die jaar, die naaste aan die penne borg.

Die Stilbaai-byeenkoms het ook gedien as samekoms om die algemene jaarvergad­ering van die Suid-Kaap Sages te hou. Grove Koch van Riversdal is weer herkies as voorsitter, Marius Loubser van Boggomsbaa­i as die ondervoors­itter, Gary Ristow van Stilbaai as sekretaris en Fred Bull van Mosselbaai as die tesourier. Die verskillen­de klubs se verteenwoo­rdigers is Leon Fourie vir Riversdal, Neels Lourens vir Heidelberg, Dave Gravett vir Stilbaai, Nic Marais vir Mosselbaai en Marius Loubser vir Boggomsbaa­i.

Grove Koch het in sy voorsitter­sverslag al die wenners van die toernooie gedurende die jaar weer uitgelig en spesiaal melding gemaak van die mooi bedrag van R16 000 wat die Sages van Suid-Kaap hierdie jaar vir Kansa geskenk het. Hulle dra ook elke jaar by tot 'n hulpbehoew­ende organisasi­e in die omgewing en hierdie jaar is die bedrag van R3 000 aan die Môreson ACVV kinder- en jeugsentru­m in George geskenk. Al die borge is ook deur Grove bedank vir hul bydraes gedurende 2018.

Die Suid-Kaap Sages wens al sy lesers 'n baie geseënde Kerstyd toe.

The Mossel Bay Golf Club ladies' section hosted a fourball waltzing alliance competitio­n last Thursday.

Eighty-four balls took part with varying degrees of synchronis­ation.

For some, the rhythm was out of kilter, but others' were stepping to the same tune and the result was music to their ears. Strong winds played havoc, demanding concentrat­ion and flair to pull off the victory.

 ??  ?? Wenners op Stilbaai is van links, agter Bill Hart en Thys Cronjé. Voor staan Grove Koch (voorsitter), Walter Diedericks en Fanie Wessels.
Wenners op Stilbaai is van links, agter Bill Hart en Thys Cronjé. Voor staan Grove Koch (voorsitter), Walter Diedericks en Fanie Wessels.
 ??  ?? Grove Koch oorhandig die Bertus Louw-trofee aan die Sages-enkelskamp­ioen van 2018, Thys Cronje.
Grove Koch oorhandig die Bertus Louw-trofee aan die Sages-enkelskamp­ioen van 2018, Thys Cronje.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa