Mossel Bay Advertiser

Skietklub hou geslaagde prysuitdel­ing

-

Die Neill Calitz-skietklub het Saterdag 'n suksesvoll­e jaar afgesluit met die klub se jaarlikse kampioensk­appe wat weer vanjaar deur Group Editors geborg is. Baie goeie prestasies is Saterdag deur verskeie skuts opgedis en die uiteindeli­ke wenners moes hard werk vir hul plekke. Drie lede het elk twee dissipline­s gewen, naamlik Willie Germishuys, Suzette Herrer en Marius van Wyk maar dit was 'n baie veelsydige vertoning deur Mariska van Wyk wat daartoe gelei het dat sy uiteindeli­k as die skut van die dag gekroon is. Sy het vir Willie en Suzette met 'n enkele punt geklop.

Klubkampio­enskappe

Om die onderskeie presteerde­rs van die jaar te bepaal word die skuts beoordeel volgens hul prestasies tydens die klub se maandkompe­tisies wat op elke eerste Saterdag van die maand plaasvind asook die oefensessi­es op sekere Woensdae. Die beste manlike skut van die jaar is Willie met Suzette as die beste vroueskut van die jaar.

Suzette het ook die trofee as die Woensdag skut van die jaar ontvang deurdat sy 21 van die 23 skietoefen­inge op Woensdae gewen het. Sy is verder ook gekroon as die klubkampio­en van die jaar. Ander pryswenner­s was Eugene Barnard vir sy goeie skietprest­asies, insluitend 'n honderdtal op Woensdae, Gert Nel, 'n veteraan, wat steeds verbeter en Johan Kemp wat deur die jaar goed presteer het.

Uitslae

Saterdag se uitslae is soos volg:

10m: 1. Mariska van Wyk en Marius van Wyk; 3. Willie Germishuys; 4. Chris Boshoff;

5. Eugene Barnard.

20m: 1. Suzette Herrer; 2. Mariska van Wyk;

3. Eugene Barnard; 4. Ivan Maddison; 5. Chris Boshoff.

20m-snelvuur: 1. Willie Germishuys; 2. Suzette Herrer; 3. Mariska van Wyk; 4. Ivan Maddison; 5. Johanna Germishuys. 9mm: 1. Marius van Wyk; 2. Willie Germishuys; 3. Suzette Herrer en Gert Nel; 5. Mariska van Wyk. 10-20m silhoeët: 1. Willie Germishuys en Eugene Barnard; 3. Mariska van Wyk; 4. Suzette Herrer, Soekie Boshoff, Chris Boshoff, Gert Nel en Johan Uys.

20m silhoeët: 1. Suzette Herrer en Ivan Maddison; 3. Soekie Boshoff, Mariska van Wyk en Chris Boshoff. .22 geweer: Agt lede het hier gelyk eerste gekom met 4/5 silhoeëtte wat hulle platgeskie­t het.

Spankompet­isie: 1. Suzette en Ivan asook Gert en Mariska; 3. Marius en Johan Kemp; 4. Willie en Johan Uys; 5. Chris en Johanna asook Eugene en Soekie.

 ??  ?? Die lede van die Neill Calitz-skietklub tydens hul jaarlikse prysuitdel­ing.
Die lede van die Neill Calitz-skietklub tydens hul jaarlikse prysuitdel­ing.
 ??  ?? Trofeë-wenners van die Neill Calitz-skietklub vir 2018, van links Suzette Herrer, Willie Germishuys, Eugene Barnard en Mariska van Wyk.
Trofeë-wenners van die Neill Calitz-skietklub vir 2018, van links Suzette Herrer, Willie Germishuys, Eugene Barnard en Mariska van Wyk.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa